You are currently viewing #JouMenseMyMense saam SPAR – Versorg die Versorger

#JouMenseMyMense saam SPAR – Versorg die Versorger

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Versorg die Versorger GEEleentheid

Talle gesondheidswerkers regoor die wêreld is vanaf Maart 2020 onder geweldige druk geplaas agv die Covid-19 pandemie. Nie net in en by hulle werksomgewing nie, maar ook tuis. Waar hospitaalpersoneel moet afstand doen van hulle geliefdes, daar waar hulle veronderstel is om die veiligste te voel. Maar, hulle onselfsugtigheid, wat ook gesorg het vir die versorgers wat hulle is, maak dat hulle veel eerder aan ander dink, as hulleself.

Ons kan nie vir hulle ‘n nuwe hospitaal bou nie…Ons kan hulle ook nie vrywaar teen ‘n virus wat al meer as 2 miljoen lewens wereldwyd geeeis het nie, maar ons kan probeer om hulle gemoedere te lig. Ons kan gesondheidsorg-werkers herinner daaraan dat ons as gemeenskap hulle raaksien. Dat ons dankbaar is vir hulle onbaatsugtige, onselfsugtige dade, wat meeste mense ‘n werk noem.

Danksy die GROOTfm 90.5 gemeenskap, kon ons, saam met die ambulans-dienste van Emer-G-med, Best Care, Life Med en Ambulink, meer as 2000 geskenkpakkies aflewer vir 5 hospitale. Ja, jy as GROOTfm 90.5 luisteraar het meer as 2000 gesondheidswerkers se dag gemaak! Met geskenksakkies ter waarde van meer as R54 000, en ‘n totale finansiele bydrae van R48 000, kon ons, saam met ‘n span wat insluit, Voortrekker-Kommando’s en lede van Afriforum Moot, ‘n GROOT verskil maak! Tot die span van Tshwane Metro Polisie het ons twee onderskeie dae hospitale toe vergesel om seker te maak ons, en die geskenkpakkies kom veilig EN vinnig by ons bestemmings aan.

Ons is dankbaar vir nog handevatters en raakvatters wat ons pakkies nog voller kon maak. Nativa met hulle Turbovite lekkers, Plantland met geskenkbewyse vir elke sakkie, Imminadue wat ‘n masker met ‘HOOP’ op gedruk geborg het, saam met Immunadue-kapsules, Grobbelaars Begrafnisdienste vir die Grootfm-span se PPE-drag, vir Sharon en Karin van Nutridry met hulle Chaya-gesondheidsproduk, Fanus en Carol van Cracklys, en vir die span van Afriforum Moot en die onderskeie Voortrekker-kommando’s wat met die pakwerk gehelp het.

Danksy jou, ons GEEmeenskap, is Unitas bederf met 300 pakkies, Pretoria Wes Distrik met 365, Montana Hospitaal met 250, Eugene Marais met 426 en Steve Biko / Tshwane met 800 geskenkpakkies.

Weet vandag, jy het ‘n verskil gemaak aan ‘n versorger se gemoed! Ons dankbaarheid teenoor hulle, het hulle dankbaarheid geword teenoor ons!

Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam SPAR – Versorg die Versorger

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply