You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede

#JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede

Antoniete Louw het data gewen vir ‘n dag, waarmee sy vir ons ‘n epos gestuur het net om te sê hoe opgewonde sy is vir ons kuier! Sy het ‘n hele rukkie terug met ons kontak gemaak, maar, ons het gereeld ingeloer, met die hoop dat ons nog kan help. In haar laaste epos het sy gesê: ‘Nog geen verandering. Die nood is groot vir kos en prepaid krag.’ 

Haar aanvanklike epos aan ons het in die onderwerp die volgende woorde gehad: ‘Hulp en baie gebede’. Sy het nooit gevra vir geld nie. Hulle grootste behoefte tans is om haar man, Hennie, se kakebeen wat as gevolg van kakebeen-kanker verbrokkel, te herstel. Hulle het ‘n weldoener-dokter genader vir ‘n verwysingsbrief, om moontlik vinniger by die staatshospitaal reg te kom, maar, toe hulle navraag rig om te hoor vir ‘n operasie-datum, hoor hulle daar is 200 ander noodgevalle voor hulle op die waglys. Hennie is ook opsoek na ‘n meer permanente werk, en Antoniete enige werk. Sodat hulle nie net Hennie se kakebeen kan regmaak nie, maar ook hulle seun, Henrique weer kan terugsit in die skool.

Antoniete en Hennie, en Henrique (12) bly positief deur te bid. Hulle weet dis nie hier waar hulle hoort nie, en duur hul soeke na die gewaarwording van Sy beloftes voort, elke dag. Hennie loop 14 km werk toe, sou hulle motor die dag opstropolis wees, of daar nie geld is vir brandstof nie. Ten spyte van sy toestand, kroniese pyn en nou-en-dan mismoed, doen hy wat hy moet om ten minste hulle huur en wateruitgawes te kan betaal. Hierdie lieflike gesin het twee pragtige honde, Lucy en Luke, wat hulle gered het. Luke steek tot sy tongetjie vir ons uit – dis sy ‘party trick’. Hulle het ook ses katte vir wie hulle baie lief is. Hulle tuiste is ‘n vergader-punt vir ‘n selgroep, en, alhoewel hulle niks het om te gee nie, deel hulle met hul bure dit wat wel na hulle kant toe kom.

GROOTfm 90.5 kon met behulp van ‘n kruideniersware-skenking van twee engele, Christa en Mari, vir hulle drie bokse nie-bederfbare produkte bring. Ons kon ook, te danke aan donasies, vir hulle R2 000 se elektrisiteit-bewys bring. En, te danke aan ons familie by SPAR, ook ‘n R1 000-geskenkbewys.

Die eerste ding wat Hennie sê nadat hulle moeilik ontvang het, was die woord, ‘steak’. Mens kon sien hoe smul hulle aan die gedagte van iets wat ons baie maal vanselfsprekend en voordiehandliggend aanvaar. Ja, die ideaal is om vir iemand ‘n visstok te gee, maar soms het iemand ‘n vis nodig. Meer as ‘n vis. ‘n Drukkie. Woorde van waarheid en bemoediging en gebed. Ons is so jammer vir julle omstandighede…maar weet, gee nie om hoe groot ons omstandighede kan raak nie, Hy BLY groter! Mag hierdie vir julle ‘n keerpunt wees, in Jesus Naam.

Fotos: Jislaai-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply