You are currently viewing #HOOPstoot – Big, Bigger, GROOT harte!

#HOOPstoot – Big, Bigger, GROOT harte!

Deel hierdie artikel

#HOOPstoot – Big, Bigger, GROOT harte!

BigBox Containers se Direkteure, Willie Ward en Willie Mouton, het ‘n rukkie gelede met GROOTfm 90.5 kontak gemaak met ‘n GROOT idee. Hulle wil 10 splinternuwe, blink rolstoele weggee!

Die span van GROOTfm 90.5 het voorgestel ons help Uncle Ben’s Den – ‘n tehuis in Daspoort, Pretoria. Uncle Ben’s Den sien tans om na 150 mense – van bejaardes tot gestremdes (psigies en fisies). Alhoewel sommige inwoners met ‘n klein SASSA-inkomste kan betaal vir die verblyf en hulle drie etes per dag, is daar heelwat wat glad nie ‘n inkomste verdien nie, en gevolglik nie ‘n bydrae kan lewer tot Uncle Ben’s Den se maandelikse uitgawes en onmiddellike behoeftes nie.

Buiten hulle maand-tot-maand behoeftes soos kruideniers- en toiletware, en vars kos, kan mens goed glo dat Uncle Ben’s Den se maandelikse water- en ligte-rekening ook oorweldigend is, siende dat 143 mense hier woon. Die rekening wat tans op grond van ‘n reëling met die Tshwane Munisipaliteit afbetaal word, staan ver oor R100 000.

Juis hieroor, met geen ekstra geld om aan iets buiten kos en krag, of rolstoele te spandeer nie, was Ronel van Dyk, bestuurder van Uncle Ben’s Den, oorstelp met die skenking.

Dié skenking, oorspronklik inisieër deur BigBox Containers, het ‘n rippel-effek veroorsaak met nog twee rolspelers – Ruan Olivier van Ecomed en Nicholas Harris van Café Kreme koffieboon produseerders – wat graag ook ‘n bydrae wou lewer ten bate van Uncle Ben’s Den.

Op Woensdagmiddag, het GROOTfm 90.5 die span van Uncle Ben’s Den uitgenooi na hulle ateljee toe…en toe kon ons hulle verras, met nie net die rolstoelskenking, die 450 rolle toiletpapier van Superspar Moreleta nie, maar ook ‘n R10 000 skenking van Café Kreme. Dit was nie al nie…Ecomed het ingeskakel en R100 000 geskenk ten bate van Uncle Ben’s Den se elektrisiteitsrekening.

Dis hoe die Here sorg en voorsien. Nooit ‘net-net’ nie, maar in OORVLOED!

‘n GROOT dankie aan BigBox Containers, Superspar Moreleta, Café Kreme en Ecomed!

‘n GROOT dankie ook aan Ronel en Janeth, en die hele span van Uncle Ben’s Den wat ‘n GROOT verskil in soveel mense se lewens maak!

 Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply