You are currently viewing GROOT TRAP INSKRYWINGS NOU OOP! SKRYF IN VOOR 31 MEI 2022 VIR 20% AFSLAG

GROOT TRAP INSKRYWINGS NOU OOP! SKRYF IN VOOR 31 MEI 2022 VIR 20% AFSLAG

Deel hierdie artikel

 GROOT TRAP INSKRYWINGS NOU OOP! | SKRYF IN VOOR 31 Mei | 20% AFSLAG

Ons maak reg om volgende jaar op 2 April weer te Trap Larrit Klap!

‘Early bird’ afslag-inskrywings is nou oop vir die 2023 GROOT TRAP en fietsryers wat tot Dinsdag 31 Mei inskryf kry 20% afslag!

DIE GROOT TRAP word met trots ondersteun deur GROOTfm 90.5,  Sun Arena Time Square en die Pretoriase Verkeersafdeling! 

DIE GROOT TRAP het die eerste jaar van aanbieding reeds Pretoria se grootste fietswedren vergestald met 2500 jaers wat deelgeneem het. Die wedren het dit sommer van meet af gevestig as ‘n heerlike dag vir fietsryers.

Die indrukwekkende Sun Arena Time Square in Pretoria-Oos speel weer gasheer vir Pretoria-Oos se langverwagte groot fietswedren en die wedrenafstande is 105km en 75km.

Die wedren se logistiek en roetebeheer word hanteer deur De Villiers National Cycling en Lenick Promotions met die deurwinterde wedrendirekteur Wynand de Villiers aan die spits.

De Villiers het  oor die afgelope 22 jaar ‘n verskeidenheid padwedrenne tot stand gebring en bestuur, insluitend die Emperors Palace Classic, Satellite Classic, Berge en Dale, Jock Toer, Tour du Cap, Tour du Nord, Boland 100 Miler en die Montecasino Classico.

DIE GROOT TRAP is baie bevoorreg met die Tshwane Verkeersafdeling wat die wedren ondersteun. Dit, tesame met ons ervare statiese en mobiele roetebeamptes, sal verseker dat fietsryers veilig is,” aldus De Villiers.

“Met die ondersteuning van Sun Arena Time Square het DIE GROOT TRAP ‘n uitstekende anker wat dit sal toelaat om jaarlikse te kan groei tot ‘n volwaardige massa-deelname wedren.

“Sun Arena Time Square is veilig en verbruikersvriendelik en vergestald ook ‘n gesinsvriedelike atmosfeer. Daar is genoeg veilige parkering en so baie vir ryers en hul geliefdes om te doen met ‘n verskeidenheid restaurante en vermaaklikheidsopsies.”

Die 105km roete is heuwelagtig en uitdagend, maar binne bereik van die meeste fietsryers wat bereid is om te oefen en goed voor te berei. Die totale styging in hoogte bo seespieël op die 100km-roete is 1100m.

Die 75km is ‘n lekker prettrap wat haalbaar is vir almal, mits jy darem ‘n fiksheidsvlak in ‘n sportsoort handhaaf. Die totale styging in hoogte bo seespieël op die 50km roete is 840m.

Coca Cola en SWITCH is bevestig as borg vir die waterpunte en jaers sal ook bederf word met smullekker eetgoed by die waterpunte.

DIE GROOT TRAP: VINNIGE FEITE

Datum: 2 April 2022

Tyd: 06:15

Plek: Sun Time Square, Pretoria-Oos

Afstande: 105km| 75km

Inskrywingsfooie:

105km: R490 (R400 vir ryers wat inskryf voor 31 Mei)

75km: R400 (R320 vir ryers wat inskryf voor 31 Mei)

 

Tydhouding: RaceTec

Enigiemand kan deelneem aan die wedren, insluited CSA gelisensiëerde veterane en elite ryers, sowel as ryers met ‘n gewone CSA affiliasielisensie.

WAAR OM WEDREN-NOMMERS OP TE TEL

Registrasie vind plaas by Time Square en dit gaan gepaard met ‘n Fietsry-Ekspo:

Donderdag 30 Maart: 09h00 – 16h00

Vrydag 31 Maart: 09h00-16h00

Saterdag 1 April: 09h00 – 15h00

Vir meer inligting en om in te skryf, gaan na www.cycleevents.co.za

WEDRENKANTOOR: 083 534 7979 OF DEVILLIERSCYCLING@GMAIL.COM

Deel hierdie artikel

Leave a Reply