#JouMenseMyMense – Vincent de Bruyn | GROOTfm 90.5
Die verhaal van die De Bruyn-gesin is een van moed, hoop en ondenkbare uitdagings. Hul lewens is vir altyd verander toe Vincent De Bruyn, pappa van ‘n 2- en 6-jarige, en man van Roseleen, met kanker gediagnoseer is. Hierdie reis is gemerk deur intense behandelings, stygende mediese kostes en onwrikbare vasberadenheid.
Vincent se stryd het in November 2022 begin met ’n melanoomdiagnose, kort nadat hulle hul nuutgebore seuntjie verwelkom het. Sedertdien het hy verskeie operasies, bestraling, teikenterapie, Gamma Knife behandeling en breinoperasies ondergaan.
Ongelukkig het sy kanker nou vorder na PREMA-positiewe melanoom, ’n seldsame en aggressiewe vorm wat dringende en intensiewe behandeling vereis. Vincent en Roseleen het by GROOTfm 90.5 kom kuier… ❤️❤️❤️
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel