#JouMenseMyMense – Izak du Plessis | 16 Julie 2025 | GROOTfm 90.5
Izak du Plessis (6) is gebore met serebrale gestremdheid, VSD en spastiese displaysia.
Hy is op 30 weke met ’n noodkeisersnee gebore, het slegs 5% suurstof ontvang en net 1.4 kg geweeg. Hy het drie maande in die neonatale-ICU deurgebring. Eers op twee-jaar is die regte diagnose gemaak ná ‘n tweede opinie by ’n neurologiese pediater.
Sedertdien ontvang hy behandeling van ’n neuroloog, kardioloog en fisioterapeut. Hy het in 2024 by Pretoria Skool vir Serebraal Gestremdes begin en is mal daaroor. Weens sy unieke behoeftes, sou hy nie in ’n hoofstroom-kleuterskool geaard het nie.
Izak het ’n groot behoefte aan ‘n spesiale loopraam en hulpmiddels vir badkamertoegang, aangesien hy nie self kan staan nie. Finansieel is dit moeilik. Pappa Izak werk weer na ’n lang tydperk sonder werk, en Mamma is tuis om vir Izak en sy twee sussies te sorg.
Die SASSA-toelaag is ’n voortdurende stryd. Tog bly Izak ’n sprankelende, intelligente seuntjie met ongelooflike deursettingsvermoë. Die Du Plessis-gesin (Ma Brenda, Pa Izak, Sussies Lee-Anne (13) en klein sussie Mianè (8), en Izak) het by GROOTfm 90.5 kom kuier.❤️❤️❤️
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
