You are currently viewing “Trolley Dash” saam met Cosmo Group, GROOTfm 90.5 en PEP – ten bate van Laerskool Hermanstad

“Trolley Dash” saam met Cosmo Group, GROOTfm 90.5 en PEP – ten bate van Laerskool Hermanstad

Deel hierdie artikel

“Trolley Dash” saam met Cosmo Group, GROOTfm 90.5 en PEP – ten bate van Laerskool Hermanstad.

‘n Groot gedeelte van die inkomste van die Cosmo Group se jaarlikse Cosmo Run word aan GROOTfm 90.5 se HOOPstoot-projekte geskenk. Toe Laerskool Hermanstad ons nader met ‘n lywige behoeftelys, het ons saam met Cosmo Group besin om iets vir hierdie skool en hul kinders te beteken! Na samesprekings met die PEPKOR groep, Mahomed en Stanley, het ons besluit om vir hulle ‘n ‘trolley dash’ te hou, ter waarde van R15 000. PEP se span het nog R4 000 geskenk!

Die oggend van die 24ste Augustus het drie spanne by die PEP in Centurion Mall bymekaargekom, en die mannewalis het begin! Binne 5 minute, kon ons drie spanne verskeie van hierdie behoeftes bevredig – van skoolklere tot skoene tot skryfbehoeftes!

Dit was nie al nie…Laerskool Hermanstad gaan op hierdie stadium gebuk onder veral diefstal, en watookal oorskot hulle versamel vir die skool en kinder-behoeftes, word telkemale kere gesteel deur hawelose mense. Riaan Gibson van SPY CCTV het aangebied om vir hulle ‘n sekuriteitstelsel te borg, wat hy ook vir hulle gaan help monitor.

Aan elke liewe Personeellid van Laerskool Hermanstad, wat hard ‘fight’ om hierdie ‘n veilige hawe en vesting vir talle kinders te maak, wil ons sommer ‘n GROOT dankie gesê het! Deur hulle te kon bederf! DANKIE aan CosmoGroup vir die befondsing van hierdie projek! En aan PEP vir die CHAOS wat julle geduld het!

Ons sien sommer reeds uit na die volgende DASH!

Fotos: Jislaaik-JA! Photography 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply