#JouMenseMyMense – Nasionale ‘Gehoormaand’ word met ’n GROOT oomblik gevier!, 10 September 2024
Erika Basson van die “Foundation for Children with Hearing Loss” het GROOTfm 90.5 gekontak met ’n baie spesiale versoek. Twee besonderse kinders het ’n groot behoefte aan kogleêre implantings.
Wikus Brits is een jaar oud, en Leah Strydom is 11 maande oud (sy word 23 September een jaar oud!). Leah se mamma, Mandy, was tydens haar swangerskap gediagnoseer met varkgriep, en is vir 14 weke gehospitaliseer. Dokters het bekommerd geraak en besluit dat die bevalling vervroeg moet word. Leah is op 35 weke gebore. Leah was baie gesond gebore, maar, slegs twee dae na haar geboorte het dokters reeds agtergekom daar is ’n gebrek aan gehoor. Hulle noem dit, ‘Newborn Hearing Screening’, wat Leah ongelukkig nie geslaag het nie. ’n Kogleêre inplanting is Leah se enigste opsie om behoorlike toegang tot klank te verkry. Wikus is op 16 Desember 2022 in Pretoria gebore. Al is hy vroeg op 35 weke gebore, was die swangerskap gesond en het daar geen komplikasies tydens sy geboorte voorgekom nie. Geen gehoortoets is direk na sy geboorte by die staatsfasiliteit gedoen nie, en Wikus sukkel sedertien met ‘n gereelde toe neusie en het ‘n geskiedenis van middeloorinfeksies, wat gelei het tot oorpypies in Mei 2024. Hy toon ook kliniese tekens van Waardenburg-sindroom, alhoewel dit nog nie amptelik gediagnoseer is nie. Onlangse toetse het bepaal dat Wikus diepgaande gehoorverlies het in beide sy oortjies. Die kogleêre inplanting sal Wikus se lewe vir altyd verander en hom in staat stel om eendag sy volle potensiaal in ‘n horende wêreld te bereik. Die gesinne, saam met Leah en Wikus, en Wikus se ouma het kom kuier! ‘n GROOT dankie aan die volgende donateurs: Ecomed Medical, OUTsurance, Caring Daisies, Avbob Silverton, Charles Harding Charitable Trust, IsaWealth, Studex South Africa, Margie Erasmus, Neil Bannister, Johann van Wyk, Miemie Lambrecht, Mauritz Labuschagne en Oloff Heymans.
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel