You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – “Julle is meer werd as baie mossies.”

#JouMenseMyMense saam met SPAR – “Julle is meer werd as baie mossies.”

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – “Julle is meer werd as baie mossies.”

Monita Venter het aan ons ‘n hulpkreet gerig. Hulle koskaste, so ook hulle motor se tenk is dolleeg. Ma Monita en Pa FJ het albei hulle werke verloor, en is tans in ‘n donker gat. Hulle moet huur betaal, en na hulle twee pragtige dogters omsien. Haar 9-jarige dogter woon tans by haar Ouma – die omstandighede daar is effens beter en kan hulle vir haar gee wat Monita en FJ nie kan nie.

Monita en FJ se harte breek om nie hulle oudste dogtertjie by hulle te kan hê nie. Maar, hulle weet die opoffering is nie tevergeefs nie. Monita is ‘n gekwalifiseerde nael-tegnikus, en FJ is gekwalifiseerd om konstruksiewerk te doen.

Hulle onmiddellike behoeftes sluit in brandstof, krag, gas en kruideniersware. Hulle deel weekliks ongeveer 20 CV’s uit, en bid en vertrou tans vir ‘n permanente werk.

Monita deel met ons ‘n guns wat iemand aan hulle bewys het. ‘n 1c-muntstuk wat gepaardgaan met ‘n – soos die vrou dit noem – mossieprojek. Saam met hierdie 1c-muntstuk, vasgelê in ‘n sleutelhouer, staan die vers uit Mattheus 10: 29 tot 31 – “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Liewe Monita, FJ, en julle twee prinsesse. Sonder twyfel is julle meer werd as mossies. Hou vas aan hierdie vers, maar bly vashou aan Hom, wat vir julle uitkoms en keerpunt sal sorg, sodat julle ook kan bly getuig van Sy goedheid, en kan bevestig en beaam aan ander, dat gee nie om hoe diep julle gat nou is nie, Hy sal voorsien.

Met behulp van SPAR, kon ons die Venter-gesin het met ‘n R1 500 geskenkbewys…vir die dolleeg koskas. ‘n R500 Brandstof-geskenkbewys vir die dolleeg voertuig-tenk. ‘n Gasbottel vir hulle stoof…En die deposito op hulle verblyf – een minder ding om oor wakker te lê.

Mag julle hele gesin weer onder een dak verkeer. Mag julle krag vind in Hom, maar ook in mekaar. Mag julle familie en vriende ook in oorvloed geSeën word vir die ondersteuning wat hulle vir julle bied – al is hulle goedhartigheid ook onvoorwaardelik. Mag Hy vir Ma Monita, en Pa FJ, ‘n nuwe hoofstuk openbaar waarin hierdie 1c ook eksponensieel sal toeneem in Ewigheidswaarde. En mag julle binnekort, meer as normaal, asemhaal!

Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply