#JouMenseMyMense – `n Mamma wat WIL!
GROOTfm 90.5 het vir Maryna Botha in 2022 ontmoet. Hulle gesin se omstandighede was haglik en het hulle finansieel baie swaargekry. Sy en haar man het drie pragtige seuns, wat Maryna gedryf het om haar uiterste beste te gee vir hulle. Sy het intussen ‘n werk gekry, en haarself probeer bemagtig op verskeie vlakke. Sy het nou die geleentheid om by ‘n instansie genaamd, Thuto Teach, ‘n ECD (Early Childhood Development) Practitioner-kursus te voltooi. Sy het ‘n baie groot passie vir kinders, en benodig ‘n finansiële HOOP-stoot vir hierdie 18-maande-kursus. Haar grootste wens is om ‘n beter lewe vir haar seuns te bied deur haarself met ‘n goeie werk en kwalifikasie te bemagtig. Sy het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel