#JouMenseMyMense – Glimlag vir Kersfees, 13 November 2024
Tanisha Parrot is ‘n formidabele vrou met ‘n geregistreerde NPO (House Simunye – House of Grace), en wat ook as ‘n plek van veiligheid dien vir babas wat nie ‘n heenkome het nie. Sy het tans twee babas in haar pleegsorg, en een van hulle is die 1-jarige seuntjie, Wynand. Vir veiligheidsredes gee ons hom ‘n skuilnaam. Wynand het in Tanisha se pleegsorg beland op die ouderdom van 10 maande nadat hy verwyder is van sy ouers vir verskeie redes wat weens sy veiligheid anoniem moet bly. Die dag toe Tanisha vir Wynand by die hof gaan optel het, het sy vir die eerste keer gesien hy het ‘n gesplete verhemelte wat strek tot sy lip. Alhoewel sy effens omkant gevang is met sy gesondheidstoestand, het sy ‘n belofte aan God gemaak dat sy alles in haar vermoë gaan doen om hom te help, en heelhartig en onvoorwaardelik lief te hê.
Haar versoek om hom te help het by GROOTfm 90.5 uitgekom, deur ‘n vriend van haar van kerk. Ons het kontak gemaak met die Blissful Cleft Foundation (wat gesinne en kinders ondersteun in die geval van ‘n gesplete verhemelte), en hulle het gereël met ‘n privaat-sjirurg by Wilgers Hospitaal in Pretoria om die operasie te doen. Hierdie operasie gaan 2 rondtes verlang, as gevolg van die graad van Wynand se toestand. Die koste van die eerste operasie, beloop sowat R80 000. Tanisha, Wynand en die span van Blissful Cleft Foundation, Andrea Swart en Suzanne de Beer het by GROOTfm 90.5 kom kuier…❤️❤️❤️
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm #donate #charity
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel