#JouMenseMyMense – Portia Tabola | 7 Mei 2025 | GROOTfm 90.5
GROOTfm 90.5 het vir Portia Tabola ’n paar jaar terug leer ken, as ’n uiters dinamiese, gedrewe en ambisieuse dogter met die GROOTste drome. Met behulp van We Buy Cars kon Portia haar skoolloopbaan by Pro Arte Skool vir Uitvoerende Kunste voltooi. Nie net het sy in 2024 haar matriek suksesvol voltooi nie, maar dit ook te midde van haar ma wat baie skielik in Oktober tydens haar Rekord-eksamen oorlede is. In hierdie tyd is haar ander mamma, Riana Andersen, waar sy toe gebly het in Menlopark, ook met baie ernstige kanker gediagnoseer. Riana is vanjaar op 12 Maart ook ongelukkig oorlede.
Sy het dus albei haar ma-figure in ’n tydperk van 5 maande verloor. Ten spyte daarvan het sy al haar werksverantwoordelikhede nagekom en haar eksamens goed deurgekom. Sy sien wel tans ’n sielkundige om haar met haar rou-proses te help, maar deurgaans bly sy getrou opdaag vir dit waarvoor sy voel die Here haar geroep het. Portia is tans ’n voorskoolse juffrou by haar alma-mater Pure Hope, terwyl sy haar Early Childhood Development Diploma deur Aros voltooi. Portia betaal tans self vir haar onderwys-kwalifikasie met die salaris wat sy verdien by Pure Hope Skool, haar alma mater…en wil sy ’n addisionele Dans-instrukteur-kwalifikasie (DASA – Dans Assosiasie van Suid Afrika) voltooi – ter waarde van R35 000. Sodat sy saam met die onderwys hierdie ook kan doen. Vir haar om te kwalifiseer vir die dans-kwalifikasie, moet sy eers die dans-eksamen aflê wat ’n koste dra van die R6070.00. Portia en Rythm of Hope se Talitha de Klerk het by GROOTfm 90.5 kom kuier…❤️❤️❤️
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
