You are currently viewing #JouMenseMyMense – Abigail en Zuan | GROOTfm 90.5 | 03 September 2025

#JouMenseMyMense – Abigail en Zuan | GROOTfm 90.5 | 03 September 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Abigail en Zuan | 03 September 2025  | GROOTfm 90.5

Die 1-jarige Abigail se pad na ’n diagnose was nie maklik nie. Nadat sy haar pasgebore-gehoorsifting in die hospitaal gedruip het, het sy oor verskeie maande verskeie siftings ondergaan met verwarrende en teenstrydige resultate.

Op 14 maande is Abigail, ná ’n deeglike oudiologiese assessering, amptelik gediagnoseer met bilaterale ernstige gehoorverlies. Dit beteken dat sy tans geen toegang tot klank het nie. Geen gehoorapparate is vroeër vir haar aangewend nie, en haar mediese span het nou dringende bilaterale kogleêre inplanting aanbeveel as die beste ingryping om vir haar toegang tot klank en spraak te gee.

Die presiese oorsaak van Abigail se toestand bly onbekend, maar haar span van spesialiste stem saam dat kogleêre inplantings vir haar die beste kans sal bied om gesproke taal, luistervaardighede en kommunikasievermoë te ontwikkel — veral aangesien sy reeds merkbaar visueel oplettend en responsief is. Alhoewel die gesin se medies ’n groot gedeelte dek, is die bedrag uitstaande vir haar operasie, R107 500. Zuan is grootgemaak in ’n ondersteunende en liefdevolle gesin, en het hard gewerk om by sy maats by te hou, ten spyte daarvan dat hy met gehoorverlies leef wat oor tyd progressief vererger het.

Zuan se pad met gehoorverlies het vroeg in sy lewe begin. Teen die ouderdom van twee, ná ’n diagnose van ernstige tot diepgaande gehoorverlies, het hy sy eerste stel gehoorapparate ontvang. Die waarskynlike oorsaak van sy gehoorverlies is ’n kombinasie van Vergrote Vestibulêre Akwaduk (EVA)-sindroom en komplikasies van Scarletkoors, wat hy op die ouderdom van twee opgedoen het. Zuan se gehoor het steeds agteruitgegaan. Sy huidige gehoorapparate bied nie meer die nodige toegang tot klank nie, veral nie in sy regteroor nie.

Sy oudioloog het nou ’n kogleêre inplanting aanbeveel om vir hom betekenisvolle gehoor te herstel. Die bedrag wat nog benodig word vir Zuan se operasie is R122 820.68. Abigail het saam met haar ouers, Chantel Muller en Tobie vd Merwe, en Zuan saam met sy ouers, Louise en Andre Brummer, by GROOTfm 90.5 kom kuier!

‘n GROOT dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het!

Oloff Heymans, Mauritz Labuschagne, Miemie Lambrecht, AdinoTech, Studex South Africa, Isa Wealth, Aluma Capital en Die GROOT Ontbyt, Ushaan Bezuidenhout, Hoerskool Die Wilgers, Johann van Wyk, Annette Cronje en die Centurion-Gemeenskap, Thys van Zyl Ecomed Medical, Caring Daisies, Round Table Collective Foundation for Children with Hearing Loss❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply