You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Verligting vir die Rautenbach-gesin

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Verligting vir die Rautenbach-gesin

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Verligting vir die Rautenbach-gesin

So tydjie terug ontvang ons ‘n epos wat lui:

‘My naam is Abbi en ek wil graag julle hulp vra. Ek het ‘n vriendin met ‘n 1-jarige baba dogtertjie. Sy werk, maar haar man is tans werkloos. Sy was al die week telkemale keer in trane, want sy kan nie vir haar dogtertjie doeke, melk, boudsalf of klere koop nie. My hart is stukkend om dit te hoor, want ons kan self nie help nie. Sy is ‘n pragtige klein lyfie en verdien soveel meer.’

Na aanleiding van hierdie epos het ons besluit om by Mamma Julia Rautenbach te gaan inloer. Ons het haar, met behulp van haar vriendinne, Abbi en Andrea, gaan verras by haar werk. Ons het ook gereël dat haar baba dogter, Leané, vir ‘n oomblik van haar kleuterskool sal verskoon word, wat natuurlik vir ‘n nog groter verrassing gesorg het.

Mamma Julia werk hard om die Rautenbach-gesin van drie te onderhou. Dit is tans die enigste inkomste, omrede Pappa SP verlede jaar, as gevolg van die pandemie, sy werk verloor het. Hy is ‘n gekwalifiseerde auto-elektrisiën, wat ook as ‘n portier by die Zuid-Afrikaanse hospitaal gewerk het. Tans probeer hy enige fondse moontlik verdien deur sy broer te help met sy tuindiens-besigheid. 

Buiten die skoolfonds van R1 900, sluit maandelikse uitgawes Leané se doeke, melk- en baba-produkte in. Dit is duidelik dat die dryf agter Mamma Julia en Pappa SP se opofferings en hardwerkendheid ter wille van hulle pragtige dogtertjie, Leané, is – al is dit soms ten koste van…

‘n Anonieme skenker, het die JMMM-span in staat gestel om Mamma Julia te verras met doeke, melk- en baba-produkte ter waarde van R2 000. Ons kon haar met ‘n verdere R1 000 geskenkbewys bederf danksy ons onbaatsugtige familie by SPAR.

Geliefde SP, Julia en Leané Rautenbach…Mag die Here vir julle ‘n volhoubare uitkoms bied. Mag die liefde wat tans tussen julle heers nooit verdof of vergaan nie. Mag julle mekaar bly koester, en saam, sterker, in Sy guns delf, en Sy belofte van oorvloed vir julleself gun.

Onthou, jou mense is my mense, en saam is ons beter.

#LuisterWeer hier: 

Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam met SPAR – Verligting vir die Rautenbach-gesin

Deel hierdie artikel

Leave a Reply