You are currently viewing #JouMenseMyMense – Lente van Jaarsveld | GROOTfm 90.5 | 22 April 2026

#JouMenseMyMense – Lente van Jaarsveld | GROOTfm 90.5 | 22 April 2026

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Lente van Jaarsveld | 22 April 2026  | GROOTfm 90.5

In Desember 2025 het Gerhard, Karin en Lente van Jaarsveld vertrek op ’n familie-wegbreek en tussen Heidelberg en Nigel is hulle toe in ’n baie groot motorongeluk. Die ongeluk is veroorsaak deur ’n band wat gebars het van ’n voertuig wat van voor af gekom het.

Gerhard en Karin het in ’n oomblik van nood desperaat tot God geroep en gepleit terwyl hulle hul twee-jarige prinses uit die wrak probeer red het. Karin het geslaap in die passassiersitplek, Lente het geslaap in haar karstoeltjie, en Gerhard het bestuur. Gerhard was na die ongeluk oral op sy lyf stukkend en Karin het haar ribbe en arm gebreek. Die familie se geloof en vertroue in God staan vas met hulle wat hul kind simbolies “voor Jesus se voete neergelê het”.

Met swelling op Lente se brein na die impak van die botsing, het sy reeds ‘n 50/50-operasie oorleef. Ná weke se intensiewe sorg en rehabilitasie, moet sy nou basiese vaardighede soos eet, praat, sluk en selfs beweeg van voor af aanleer. Haar ouers beskryf dit as genade dat sy nog leef en enigsins kan funksioneer, al lê daar ’n lang pad voor.

Lente ontvang tans terapie om haar breinfunksie en spierbeheer te verbeter en bid haar familie voortdurend vir haar fisiese genesing, maar ook vir haar spraak, sig en algehele ontwikkeling.

Gerhard, Karin, Lente en hulle ortotis prototis, Pierre Harmse, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

‘n GROOT dankie aan, Caring Daisies, Vroue Ambassadeursklub, Wheelchairs On The Run en Cosmo Industrial vir hulle bydrae en die GROOT verskil wat hulle maak!

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel