You are currently viewing #JouMenseMyMense – Natasha Kemp | GROOTfm 90.5 | 06 Mei 2026

#JouMenseMyMense – Natasha Kemp | GROOTfm 90.5 | 06 Mei 2026

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Natasha Kemp | 06 Mei 2026  | GROOTfm 90.5

Ons het ’n versoek ontvang van Shanelle, rakende haar 39-jarige suster, Natasja, wat tans veg vir haar lewe teen aggressiewe HER 2-positiewe borskanker.

Sy het in Januarie vanjaar reeds ‘n dubbele mastektomie ondergaan, maar sy het dringend Herceptin nodig, ‘n lewensreddende behandeling wat spesifiek hierdie tipe kanker teiken. Ongelukkig sluit haar mediese fonds nie van hierdie PMB-voordele in nie, en het hulle die befondsing van hierdie noodsaaklike medikasie afgekeur.

Die gesin het ook publieke gesondheidsopsies oorweeg en die nodige navorsing gedoen, maar meeste publieke hospitale het nie HER-2 behandeling nie, of die waglyste is ongelooflik lank. Sy is ‘n ma van drie jong laerskoolkinders en probeer die familie regtig alles in hulle vermoë om genoeg fondse in te samel vir hierdie broodnodige behandeling.

Sy ondergaan tans chemoterapie, en hierna sal sy die HER-2 behandeling begin. Die koste vir een so behandeling strek sowat R11 000, en Natasja moet vir ’n totaal van 18 behandelings gaan. Natasja het saam met haar man, Hilten, en haar suster, Shanelle, by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel