Hennie Fisher – Fudge
Hennie Fisher – Fudge
Tyd:
30 - 40 Min
Bedien:
50 Blokkies
Soet
Bestanddele:
120 g Botter
550 g Demerara suiker
200 g Gouestroop
350 ml Room
1 Teelepel vanilje-ekstrak
½ Teelepel sout
B-well Canola Baking Spray
- Smelt eers die botter, suiker, stroop en room saam op matige hitte.
- Verhoog dan die hitte, en kook tot 116˚C.
- Vanaf 100˚C moet dit af en toe geroer word, sodat dit nie vasbrand nie.
- As die korrekte temperatuur bereik is, meng die vanilje en sout in en roer aanhoudend af van die hitte totdat die mengsel dik word en nie meer blink nie.
- Gooi in pannetjie wat met B-well Canola Baking Spray gespuit is.
- Laat afkoel en sny in blokkies.