Sjef Ramon se Suurlemoen & Lemmetjie Kaaskoek
Suurlemoen & Lemmetjie Kaaskoek

Tyd: 60 min
Bedien: 8 porsies
Soet
Bestanddele:
Streusel:
40g amandel mee
l40g bruin suiker
40g koekmeel
40g botter, sag
Tuille: (wafer-koekie)
20g versiersuiker
20g eierwit
20g koekmeel
20g botter , gesmelt
Mikrogolf Sponskoek:
60g botter, gesmelt
20g B-well canola olie
3 eiers
90g strooisuiker
knypie sout
70g koekmeel
5g kakaopoeier
Lemmetjie- en suurlemoenkaaskoek-basis:
1kg roomkaas
500g yogurt
1.5lt room
450g strooisuiker
15 gelatine
blare
skil van 8 lemmetjies en 3 suurlemoenelemmetjie- en suurlemoensap na smaak
Framboosgel:
400g framboos puree
100 strooisuiker
5g agar agar
40g glukose
Metode:
Streusel:
Meng al die bestanddele deeglik saam en druk bymekaar in n oondpan en kook op 170 grade celsius vir 12 to 18 minute. By ongeveer 9 minute merk , neem ‘n vurk of ‘n klitser en krap die deeg oop om sodoende ‘n grond-tekstuur te vorm. Bak vir die oorblywende tydperk tot goue bros tekstuur en haal uit die oond om af te koel. Sit eenkant.
Tuille: (wafer-koekie)
Meng die versiersuiker, koekmeel en eierwit in ‘n mengbak. Smelt die botter en voeg botter by die meelmengsel. Verkoel vir ‘n uur tot twee en smeer dan papierdun op bakpapier en bak in n voorverhitte oond (180 grade Celsius) vir 8 tot 12 minute tot goudbruin. Haal uit die oond en laat afkoel. Breek en gebruik na smaak.
Mikrogolf Sponskoek:
Klits die suiker sout en eiers in ‘n mengbak tot bleek en donsig. Voeg dan die koekmeel en kakaopoeier by en meng deeglik. Voeg die gesmelte botter en olie by en meng deeglik. Verplaas die mengsel in n room sifon en hef met twee patrone. Neem ‘n plastiek of polistireen koppie en druk 3 gaatjies in die bodem. Spuit die mengsel tot halfvol in die koppie in en mikrogolf vir 45 sekondes tot n minuut. Haal uit, draai om en laat vir 2 minute afkoel. Gebruik na wense om te garner.
Lemmetjie- en suurlemoenkaaskoek-basis:
klits die roomkaas en 470g van die yoghurt met die strooisuiker saam in n menger. Sit die gelatine blare in yswater. Klits die room tot net voor sagte pieke. Neem die oorblywende 30g van die yogurt in verhit in n pan. druk die water uit die gelatine blare en los op in die yogurt. Voeg dan dié mengsel by die roomkaasmengsel en meng goed deur. Voeg die sappe by na smaak asook die skil. Onthou dat jy nog room in gaan vou wat dan die smaak bietjie sal demp. Voeg nou die geklopde room by en vou noukeurig deur. Plaas die megsel in n pypsak met ‘n ronde voorpunt en plaas in die yskas vir ‘n uur.
Framboosgel:
Verhit die suiker en puree in ‘n potjie. Voeg die agar agar by en kook uit vir 2 minute. Plaas oor na ‘n bak en verkoel. As die mengesel gestol is plaas oor na ‘n voedselmenger en blitz met die glukose tot glad en blink. Plaas oor na n spuitbottel.
Sit alles saam:
Bou die nagereg deur die kaaskoekmengsel op n bord eenvormig uit te druk. Plaas bietjie struesel rondom.Garneer met die wafer-koekie en mikrogolf sponskoek asook die framboosgel en bedien met basilie lote en n grenadella curd, asook vars frambose en aarbeie.