Daar is behoorlik KONSERT gehou tydens Laerskool Boerefort se deelname aan #skoolmetdiebestegees. Die juniors het afgeskop met “Ons gaan dorp toe” en daarna het die seniors vir ons gewys hoe om aan jou Somer-lyf te werk. Die seuns het natuurlik glad nie teruggestaan vir hierdie Boerefort-Somer-lywe-aerobiese-oefeninge nie. Selfs die ouers het ‘n vertoning voorberei op die nuwe liedjie “Boerepompie” tot GROOT vermaak van oud en jonk en die onderwysers het die konsert afgesluit met “Da’ vat hy!” Asof die gees nie reeds GROOT vlam gevat het teen hierdie tyd nie, het Jakkie Louw die gees nog verder GROOT gemaak met ‘n heerlike vertoning aan Laerskool Boerefort en daar is behoorlik saam-ge-pikkewyn! Dankie aan ons borge wat met elke skoleprojek saamsing, saamdans en week-na-week saam gees bou!
#SKOOLMETDIEBESTEGEES2019
Vir die fotos gaan loer gerus op ons Facebook blad, klik hier -> #SKOOLMETDIEBESTEGEES Laerskool Boerefort
Deel hierdie artikel