You are currently viewing #JouMenseMyMense – Kleintreetjies se Amanda – 8 Oktober 2019

#JouMenseMyMense – Kleintreetjies se Amanda – 8 Oktober 2019

Deel hierdie artikel

Kleintreetjies Kleuterskool is al 37 jaar oud en die eienaar, Amanda was op die 1ste Junie al 20 jaar lank aan die stuur van hierdie stukkie hemel vir 83 kleuters en 35 naskool kinders. Die skool het 11 voltydse personeel en 2 drywers wat die kinders met bussies by die huis gaan op- en aflaai. Amanda en haar span dien lang ure. Hulle is elke dag oop van 05:00 tot 17:30. Die kinders kry ontbyt en middagete en ook peuselhappies tussen-in. En as jy wonder hoekom ‘n gebreekte wasmasjien vir ‘n skool soos hierdie so ‘n krisis sal wees – daar is kinders wat net 1 stelletjie klere besit so Amanda was hulle klere voor hulle huis toe gaan in die middag of aand. Ook die bussies het al baie myle op en kort ‘n goeie diens, maar as ‘n derde van die kinders glad nie die skoolfonds kan bekostig nie en jou water en ligte rekening meer as R20 000 per maand is, is daar net nooit genoeg ekstra vir iets baie basies soos die instandhouding van jou voertuie of selfs geboue nie. Dit is hierdie nood en omstandighede wat ‘n groep studente van Tukkies onder leiding van Anri Groenewald aan die hart gegryp het. Hulle het toe besluit om ‘n 40 ure #lositbeter projek by die skool aan te pak en het al 12 bababedjies afgeskuur en oorgeverf, die staal klimrame reggemaak en die buitemure met prente opgehelder. Hulle is nog besig met ‘n voelmuur van verskillende teksture wat in die sandpit sal kom en beoog ook om die klimrame te verf en die bedjies se slope en matrasse te vervang! Ons is opreg dankbaar vir julle harde werk en voorbeeld! Dankie ook vir SPAR dat ons Amanda, die versorger vandag ‘n bietjie kon versorg met ‘n R1000 geskenkkaart en vir Capital Singers se #lositbeter #HOOPstoot in die vorm van ‘n R5000 bydrae vir nuwe sand in Kleintreetjies se sandpit!

 

Vir al die fotos volg die skakel: Kleintreetjies se Amanda – 8 Oktober 2019

Deel hierdie artikel

Leave a Reply