Hennie Fisher –
Pretoria Jakaranda Bloubessie-Oktoberkoek
Hennie Fisher –
Pretoria Jakaranda
Bloubessie-Oktoberkoek
Tyd:
90 Min
Bedien:
20 Persone
Soet
Bestanddele:
340g koekmeel
240 g + 80 g wit suiker
15ml bakpoeier
5ml sout
140ml B-Well Canola olie
200ml water
130g bloubessies + meer vir dekorasie
6 eiers, geskei
1 groot suulemoen se skil, baie fyn gerasper
15ml vanilje geursel
5ml pers voedselkleursel
500ml room
40g strooisuiker
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Meng die meel, 240 g suiker, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak met ‘n handbol-klitser.
- Puree die water, koekkleursel en bloubessies ligweg in ‘n liquidizer saam – moet nie die puree te fyn maak nie, dit is interessant as daar steeds klein stukkies vrugte in die koek sigbaar is.
- Klits die eierwitte in ‘n elektriese menger tot skuimerig, en voeg dan die orige 80g suiker in en klits totdat die meringue styf en ferm is.
- Meng nou die vrugte puree, olie, eiergele, suurlemoen skil en vanielje in die meel met die bol-klitser.
- Vou hierna eers ‘n groot lepel van die meringue in die mengsel in, en daarna versigtig al die orige meringue.
- Skep in ‘n onvoorbereide tuitpan, en maak ligweg gelyk bo-op.
- Bak vir ongeveer 50 minute totdat die koek ferm is.
- Laat die koek onderstebo koud word op die voetjies van die tuitpan.
- Bedien met gekleurde geklopte room en suiker en verdere bloubessies en Jakaranda bloeisels as garnering.