You are currently viewing Lanadene Bron – Springbok melktertjies

Lanadene Bron – Springbok melktertjies

Deel hierdie artikel

Lanadene Bron –

Springbok melktertjies

Lanadene Bron –

Springbok melktertjies

Tyd:

30 Min

Bedien:

4 Tertjies

Soet

Bestanddele:

Kors:

45 g Ongesoute botter

35 g Strooisuiker

2 Eiergele

1 g Sout

90 g Meel 

Vulsel:

600 ml Melk

3 Eiers

80 g wit suiker

30 g Mezina

25 g Meel

10 ml Mint essence

50 g Gesoute botter

3 g Fyngemaalde kaneel

Metode:


Kors:

  • Room die botter en suiker saam in ‘n elektriese menger.
  • Voeg die eiergele by, een op ‘n slag tot goed gemeng.
  • Voeg die meel by en meng goed in, meng met ‘n houtlepel.
  • Laat rus in die yskas vir 30 minute.
  • Rol die deeg uit op ‘n gemeelde oppervlak.
  • Spuit elke terthouertjie met B-Well se baksproei.
  • Voer die pannetjies een vir een uit.
  • Prik met ‘n vurk en blind bak vir 5 minute, haal die papiertjie en gewiggies uit en bak vir nog 5-10 minute totdat die bros en ligbruin is. 

Vulsel:

  • Verhit die melk, tot net voor dit begin kook.
  • Meng die eiers, meel, suiker en Mezzina saam tot dit ‘n paste vorm.
  • Voeg bietjie van die warm melk by die paste mengsel terug in die pot met die warm melk.
  • Plaas terug op medium-hitte en roer aanhoudend tot verdik.
  • Haal dan af van die stoof, meng die botter by, en voeg geursel en kaneel by tot gewensde smaak. 
  • Skep die warm vulsel in die voorbereide tertdoppies, en maak mooi nes jy verkies.
Deel hierdie artikel

Leave a Reply