You are currently viewing Pasch du Plooy – Forelslaai

Pasch du Plooy – Forelslaai

Deel hierdie artikel

Pasch du Plooy – Forelslaai

Pasch du Plooy – Forelslaai

Tyd:

30 - 40 Min

Bedien:

4 Persone

Slaai

Bestanddele:

Vir die Forel:

400g Lig gerookte vars forel

50ml B-well Olyfolie

2 Tlp Fyn koljander

2 Tlp Fyn komyn

1 Tlp Brandrissie-vlokkies

1 Knippie Seesout  

Vir die Slaai:

1 K Erfenis wortels,

geblanseer

1 K Beet, gekook

1 K nartjies,

geskil en in wiele gesny

½ K Spruitkool (broccoli), geblanseer

½ K Aspersies, geblanseer

125g Bokmelkkaas

Jong slaaiblare

Vars koljanderblare

Seesout

Swartpeper 

100ml B-Well olyfolie

Vir die Slaaisous:

100ml nartjiesap

50ml Rysasyn

25g Suiker

1 Knoffelhuisie, geskil

2 cm stuk Gemmer, geskil

Metode: 

  • In ‘n mengbak, meng die fyn koljander, fyn komyn, rissieflokkies, olyfolie en seesout.
  • Sny nou die Forel in 2 cm breë stukke en sit forel in die mengbak.
  • Meng die forel sodat dit mooi bedek word met die marinade en sit eenkant.
  • Maak ‘n kleefwerende pan warm en braai die forel baie vining aan beide kant tot bruin. Die Forel moet nie deur gaar wees nie.
  • Maak nou die slaaisous deur alle bestanddele vir die slaaisous te verwerk in voedselverwerker tot fyn.  

Bedien die slaai op as volg:

  • Bedien die Forel op met die wortels, beet, clemengold nartjies, broccoli, aspersies, stukke bokmelkkaas.
  • Bedruip slaai goed met die slaai sous
  • Meng die jong slaaiblare en koljanderblare met bietjie B-well olyfolie
  • Sit blare bo-op die slaai en sprinkel met sesamsade, sout en peper.
Deel hierdie artikel

Leave a Reply