You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Calista Sellar, 12 Februarie 2020.

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Calista Sellar, 12 Februarie 2020.

Deel hierdie artikel

Calista Sellar is in haar Graad 3 jaar, Oktober 2014, met Fanconi Anemia gediagnoseer – ‘n baie raar genetiese kondisie wat die beenmurg affekteer en so die vervaardiging van alle soorte bloedselle in die liggaam. Sy moes elke 4 tot 6 maande vir bloedtoetse gaan om haar plaatjietelling te monitor en dan ook elke 12-18 maande vir ‘n beenmurgbiopsie.

Calista was redelik stabiel tot Mei 2019 toe haar plaatjietelling gedaal het tot nul. Haar beenmurg was heeltemal uitgeput. Die mediesefonds het aangebied om Calista se ouer broer, Joshua te toets as beenmurgskenker en wonderbaarlik was hy ‘n 100% geskikte skenker. Kort na haar laaste vraestel in November is sy opgeneem vir ‘n week se chemo en toe die oorplanting op 4 Desember 2019.

Sy was 8 weke lank in die hospitaal. Het selfs haar 15de verjaarsdag daar gevier. Ons GROOTfm span het saam met haar Hoërskool Centurion maats gekonkel om vir ons eerste JouMenseMyMense projek vir die jaar vir Calista te gaan verras. Die video van die Graad 9 groep was opgeneem, stemboodskappe van haar vriende en toe, na eintlik so ‘n lang stryd en tog op die ou end so skielik, is Calista op 22 Januarie oorlede.

Ons het gevoel dat ons steeds haar lewe wil herdenk… En sonder dat ons gevra het, het haar ouers, Lydia en Dominique gesê dat hulle ook graag met ons sal wil gesels.

Na ‘n baie emosionele gesprek kon ons vir die gesin ‘n bydrae maak ten opsigte van die uitstaande mediese kostes, ‘n geskenkkaart gee van 𝗦𝗣𝗔𝗥 asook ‘n gebedskussing as ‘n tasbare stukkie liefde en troos wat kan agterbly met die woorde van Psalm 91 – “U is my toevlug en veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”

https://www.backabuddy.co.za/champion/project/calista-sellar

Luister weer hier: https://iono.fm/e/814895

 

Vir al die fotos volg die skakel: Calista Sellar, 12 Februarie 2020

Deel hierdie artikel

Leave a Reply