#JouMenseMyMense – Marlo Swanepoel | 10 Desember 2025 | GROOTfm 90.5
Simone Swanepoel het ‘n hulpkreet gerig namens Marlo, haar en Gert se 2-jarige seuntjie wat leef met Spinale Spieratrofie (SMA) en skoliose. Marlo se gees bly egter helder en sterk en sedert sy diagnose op 10 maande is elke dag ’n mengsel van uitdagings en oorwinnings.
Hy kan nou self sit, maar kry maklik asemhalingsprobleme en kan nog nie kruip, staan of praat nie. Hy kommunikeer met gebare en sy persoonlikheid skyn helder deur.
Hy dra spesiale skoene en ’n rugstut, en benodig toerusting wat die gesin nie altyd kan bekostig nie. Die Swanepoel-gesin woon in Booysens en bestaan uit Ma Simone, Pa Gert, Marlo, en sy boeties, Ronaldo (11) en Enrique (9).
Simone en Gert werk beide voltyds en maak hulle staat op staats-hulp vir Marlo se sorg – wat soms opsigself ‘n groot uitdaging is. Marlo is in ‘n normale kleuterskool omrede ‘n spesiale skool te ver en onbekostigbaar is. Maar sy skool akkomodeer hom so so mooi en is die gesin ewig dankbaar vir hulle. Die Swanepoel-gesin van vyf het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
