#JouMenseMyMense – Mpumi Rakhudu, 4 September 2024
Mpumi Rakhudu is ‘n matriekleerder aan die Afrikaanse Hoër Seunskool en het onlangs talle harte geraak met sy toespraak by die nasionale ATKV Redenaarskompetisie. Sy toespraak, “Afrikaans, my geheime wapen in die bokskryt van die lewe” is reeds meer as eenmiljoen keer gekyk en derduisende kere gedeel. En dit, in sy tweede taal! Hy het die afdeling vir die beste voorbereide en beste onvoorbereide toespraak, en ook die prys vir die beste taalgebruik in die Afrikaanse Addisionele Taal-kategorie vir gewen. Mpumi was van Gr1 tot Gr7 in Laerskool Generaal Nicholaas Smit, en ook hier as hoofseun in Gr7 aangewys. Sy ma, wat tans ‘n onderwyser by die skool is, is ook, soos haar seun merkwaardig. Volgens Generaal Nicholaas Smit Adjunkhoof, Marius Lubbe, floreer Mpumi in alles wat hy aanpak. Mpumi dien ook tans op die Affie-Leerlingraad. Hy het onlangs baie goeie nuus gehoor wat sy droom om verder te studeer moontlik maak. Mpumi en Marius Lubbe by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel