You are currently viewing #JouMenseMyMense – MS Slagoffer Kry Hulp

#JouMenseMyMense – MS Slagoffer Kry Hulp

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – MS Slagoffer Kry Hulp

Dwayne is 28 jaar oud, en woon tans by sy pa, James. Dwayne het verlede jaar skielik begin pyne kry in sy bene en kon later nie meer loop of sien nie en nadat hy opgeneem is in Biko, is hy gediagnoseer met aggressiewe “Multiple sclerosis” (MS). Dwayne is na ‘n professor by Wilgers-hospitaal verwys waar hy ‘n reeks inspuitings ontvang het om die MS in remissie te kan sit, maar die tydperk wat hy in remissie kan wees kan nie bepaal word nie. Die inspuitings was verlede jaar nagenoeg R50 000. Dwayne se ma (James se eksvrou) het donasies van haar fietsryklub ontvang en Pa James, het ook fondse van familielede ontvang, wat bygedra het tot die inspuitings. Dwayne se sig het verbeter, en sy bene ook, maar dit is nog nie 100% reg nie veral sy regterarm bly seer en sy hand voel met tye lam. Hierdie jaar moes hy weer die remissie-inspuitings gekry het, maar die kostes neem net toe, en is niemand in staat om tans te help nie. Dwayne het intussen medies gekry, maar dit sal eers in September 2023 aktief wees. Hiermee saam kan niemand met sekerheid sê wat die fonds se bydrae gaan wees nie. Dwayne en sy pa, James, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Kyk HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply