You are currently viewing #JouMenseMyMense – LS Westerlig, 24 Junie 2020

#JouMenseMyMense – LS Westerlig, 24 Junie 2020

Deel hierdie artikel

Laerskool Westerlig is in die hartjie van Danville met ‘n gevestigde voedingskema wat na 150 behoeftige gesinne omsien. Terwyl ons in die kombuis by Santie, Alice en Amanda kuier, vertel die skoolhoof, Mnr. Erich Cloete dat hy daar was toe die kaste in 1997 ingebou is, wat beteken die “tender loving care” van hierdie omgee-kombuis dien al 23 jaar lank die kinders van Westerlig. Ons het by die skool gaan inloer om te hoor wat die impak van die inperking op hierdie span se liefdestaak is.

GROOTfm 90.5 saam met We Can is besig met ‘n insameling vir Laerskool Westerlig hierdie week en jy kan ons help! Borg ‘n kospak wat bestaan uit 6kg groente en 2,5 kg mieliemeel vir slegs R49 en dan sal Supreme Chicken ‘n 2kg gevriesde hoenderpak bysit vir elke combo wat iemand borg! Al die besonderhede is op die webblad www.wecansa.co.za.

𝙇𝙪𝙞𝙨𝙩𝙚𝙧 𝙬𝙚𝙚𝙧 𝙝𝙞𝙚𝙧:

Vir al die fotos volg die skakel: #JouMenseMyMense – LS Westerlig, 24 Junie 2020

Deel hierdie artikel

Leave a Reply