You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Haar pa by die huis vir Kersfees

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Haar pa by die huis vir Kersfees

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Haar pa by die huis vir Kersfees

As daar ‘n beroep of selfs tema is wat uitgestaan het in 2020, is dit die rol van ons gesondheidswerkers.

Verushka Weyers is al meer as 12 jaar lank ‘n verpleegster en het haar passie in die neonatale intensiewe eenheid ontdek waar sy met babas asook ander pediatriese pasiënte in ICU werk. ‘n Mamma wie se baba met ‘n terminale siekte gebore is, het juis vir ons die e-pos gestuur om te vertel hoe Verushka hulle gesin bygestaan het in daardie 4 maande tydperk voor haar seuntjie oorlede is.

In Verushka se werk het sy al soveel keer gesien hoe die geboorte of dood van ‘n kind ‘n gesin se lewe ingrypend verander en daarom het sy nog altyd gevoel haar eie uitdagings is niks in vergelyking met dit waardeur hierdie gesinne moet gaan nie. Tot sy onlangs haarself op ‘n plek bevind het waar sy nie meer haar eie pyn en swaarkry kan wegsteek nie…

Haar pa is amper 30 jaar gelede met emfiseem gediagnoseer. Na sy eerste beroerte so paar jaar terug, het sy gesondheid ongelukkig net meer en meer agteruitgegaan. Op die 28ste April het hy by Verushka se huis waar hulle almal saam woon, in die badkamer inmekaar gesak. Sy longe het platgeval en hulle moes ‘n moeilike keuse maak: staan die kans om hom te verloor of plaas hom op ‘n ventilator al weet hulle dat pasiënte in die finale fase van emfiseem regtig sukkel om weer af te kom van ‘n ventilator af. Hulle het toestemming gegee in ‘n poging om sy lewe te spaar.

Nou is hy al amper 7 maande lank in die hospitaal. Sy familie kon met sy verjaarsdag net 15 minute by hom te wees. Hy kan nie praat nie as gevolg van die tragia en kry ook buisvoedings. Hy is maer en baie swak en kry steeds aanhoudend infeksie in sy longe. Verushka probeer tussen min slaap en oortyd alles in haar vermoë doen om haar pa sterk genoeg, van die ventilator af en by die huis te kry sodat sy en haar familie soveel as moontlik tyd met hom kan spandeer.

Ons GROOTfm 90.5 span het Verushka so net voor haar volgende nagskof by haar huis gaan verras met ‘n koevertjie en so bietjie goeie nuus:

“On behalf of our friends from SPAR and Silgonex we hope that this donation will help you get your dad home by Christmas…”

Dankie vir SPAR se geskenkkaart, kruideniersware van ons anonieme tannie en ‘n totale skenking van R30 000 van Silgonex! En dankie vir elke gesondheidswerker wat dien en dien en dien sonder dat ons ooit sal weet wat julle self by die huis moet hanteer…

Ondersteun gerus vir Verushka en haar familie:
https://gogetfunding.com/help-my-family-70/

#LuisterWeer hier: 

Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam met SPAR – Haar pa by die huis vir Kersfees

Deel hierdie artikel

Leave a Reply