You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Anneline se onderwysdroom – 15 Julie 2020

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Anneline se onderwysdroom – 15 Julie 2020

Deel hierdie artikel

Sy wou nog altyd mense help – as juffrou of dalk eendag as maatskaplike werker – selfs nou terwyl Anneline (20) werk om haar onderwysstudies self te kan betaal, is sy au pair deur die dag en help dan saans twee hoërskool kinders met hulle Wiskunde.

Anneline het drie boeties en sussies. Daar was nie geld om na skool te gaan studeer nie en sy het toe by ‘n prokureursfirma gaan werk tot sy haar ma eendag in trane gebel het om te sê sy kan nie hierdie werk doen nie! Sy kan nie vir mense sê hulle moet uit hulle huise omdat hulle nie huur kan betaal nie – sy verstaan dan hoe moeilik dit is as mens swaar kry…

Sy het die besluit geneem om haar kleintyd droom te volg selfs al het sy geweet hoe hard sy daarvoor sal moet werk…

Dis haar ma, “TC” wat vir ons ‘n e-pos gestuur het, want ‘n ma sal weet hoe haar kind ‘n daaglikse stryd voer om te werk, te leef, te leer, met elke rand en sent wat so versigtig oorweeg word.  Selfs Anneline se petrol word presies uitgewerk sodat sy die res net so op haar studies kan afbetaal.

In haar eerste jaar het sy au pair werk begin doen, pannekoek gebak en jaffels verkoop en kort-kort bestellings by maatskappye gekry. Hierdie jaar het sy by ‘n skooltjie begin, maar weens die impak van COVID-19, moes hulle haar ongelukkig laat gaan. Haar ouers se werke en salarisse is ook deur die inperking geraak, maar dis asof niks hierdie dapper blou-oog vasbyter sal onderkry nie. Sy het weer au pair werk gekry en staan met soveel opgewondenheid op in die oggend as sy dink aan daardie gesiggie wat vir haar wag…

Dankbaar dat ons Anneline kon bederf met ‘n gebedskussing, geskenkkaart van SPAR en kontantbydrae vir haar studies.

𝙇𝙪𝙞𝙨𝙩𝙚𝙧 𝙬𝙚𝙚𝙧 𝙝𝙞𝙚𝙧:

Vir al die fotos volg die skakel: #JouMenseMyMense saam SPAR – Anneline se onderwysdroom – 15 Julie

Deel hierdie artikel

Leave a Reply