September is Internasionale Spierdistrofie Bewusmakingsmaand en ons het met die Viljoen gesin gesels oor hulle 10-jarige seuntjie, Jaco, wat in 2017 met Duchenne Spierdistrofie gediagnoseer is. Wêreldwyd word daar ongeveer 3500 seuns elke jaar gediagnoseer. In Suid-Afrika weet ons maar van 10 gesinne wat hierdeur geraak word en ja, in die kort tydjie wat ons saam met Pa Jaco, Ma Albi en ousus, Leané gekuier het, kan mens sien hoe dit ‘n hele familie se geveg word, selfs vir Ouma Marina wat altyd haar 5 klippies vir haar kleinseun sal optel. ‘n Moedige en hoopvolle stryd omdat ‘n klein seuntjie die geloof van ‘n Dawid het en met sy hele hart glo dat hy hierdie Goliat verseker nog gaan platslaan.
7 September is Duchenne Spierdistrofie Bewusmakingsdag. Gaan like asseblief Jaco se Facebookblad “Walkwith Jaco” en hou jou rooi balon en ook 5 klippies byderhand om vir hierdie seuntjie te wys – ‘n hele gemeenskap staan saam met hierdie dapper Dawid in sy geveg en sien uit na die dag wat hy ‘n vlieënier gaan word!
#Luisterweer na ons gesprek met die Viljoen gesin om te verstaan wat Jaco in sy lyfie ervaar:
Vir al die fotos volg die skakel: Stap ‘n stukkie saam met Jaco
Deel hierdie artikel