You are currently viewing #JouMenseMyMense – John-Michael en Izaan Ludick | GROOTfm 90.5 | 20 Augustus 2025

#JouMenseMyMense – John-Michael en Izaan Ludick | GROOTfm 90.5 | 20 Augustus 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – John-Michael en Izaan Ludick | 20 Augustus 2025  | GROOTfm 90.5

“Ek wend my tot julle met ’n opregte pleidooi vir hulp. My kinders se skoolfonds is agterstallig, en indien dit nie betaal word nie, sal hulle toegang tot die skool geweier word.

Verlede jaar moes ons oudste dogter, Liara (6), weens ’n finansiële krisis vir vier maande tuis bly, wat tot agterstande gelei het. Sy herhaal nou Graad RR. Ons tweeling, Michael en Amy (2½), het merkbaar vordering getoon sedert hul inskrywing in ’n kleuterskool, en ons baba Jordan (6 maande) floreer onder sy juffrou se sorg.”

Dit is Izaan Ludick se versoek aan GROOTfm 90.5 nadat haar man, John-Michael se werk verloor het, en Izaan onlangs haar tweede inkomste verloor het. Haar salaris dek net basiese uitgawes soos huur en kos.

Hulle woon in Pretoria-Noord, en die kinders is by Pikinini Kleuterskool in Sinoville. Sy is bereid om ’n tweede werk te doen of enige ander geleentheid aan te gryp. Enige bydrae, borgskap of hulp sal vir ons ’n groot seën wees.

Ook vir ’n werk vir John-Michael. Sy bid daagliks vir ’n deurbraak en vertrou dat die Here ’n weg sal maak. Izaan en John-Michael het by GROOTfm 90.5 kom kuier… ‘n GROOT dankie aan die volgende mense wat onderneem het om die Ludick-gesin te help: Ettiene Gertzen, Thys van Zyl, Jaco van Dry Ice, JP Du Plessis en Hardus van der Hyde.

Dankie dat julle saam met ons fasiliteerders van Sy guns is… ❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply