#JouMenseMyMense – Terug op die pad
Ashleigh van Dyk, haar man Etienne, en hulle seun Owen (13) trek baie swaar. Ettiene, wat die broodwinner was, is verlede jaar in September opgeneem in die intensiewe eenheid, en op ‘n ventilator gesit. In Oktober het hy sy eerste beroerte gehad, waarvandaan die gevalle toegeneem het. As gevolg van sy gesondheidsuitdagings, is hy al vanaf verlede jaar werkloos. Hy is tans op medikasie, en kry terapie om die kans op nog ‘n beroerte te verminder. Hulle is dankbaar vir Ashleigh se inkomste, wat skaars die maandelikse elektrisiteit en kruideniersware kan dek. Ashleigh loop ook tans werk toe en terug, en reël saamry-geleenthede vir haar seun skooltoe as gevolg van ‘n nie-werkende voertuig. Hulle voertuig het reeds verlede jaar begin uitdagings gee en voordat die gesin die voertuig kon regmaak, het Etienne siek geword. Die voertuig wat nie werk nie, maak dat Ashleigh ook permanent senuweeagtig is met die dat iets met Etienne kan gebeur wanneer hy tuis is, en maak tans staat op ‘n alternatiewe vervoerdiens waarvoor daar glad nie geld is nie. Ashleigh het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel