Dorinda en haar seuntjie het met net ‘n tas uitgestap toe haar huwelik verbrokkel en sy moes as karwag werk om doeke en kos te kon koop. Later het sy weer werk gekry tot sy een oggend siek geword het en haarself hospitaal toe moes jaag. Sy is met hartversaking gediagnoseer en einde Oktoberretrench.
Ons het Dorinda Desember ontmoet waar sy by ‘n verkeerslig in Silverton muffins verkoop het. Sy het ‘n werklose vriend gevra om saam met haar by die verkeerslig te staan vir veiligheid, want op dié manier kon hy ook iets verdien. Die muffins wat sy nie op ‘n oggend verkoop het nie, het sy vir straatmense uitgedeel.
Die lang dae op haar voete was egter baie sleg vir haar hart en sy moes stop, maar met elke terugslag, ook die koronavirus wat sy en haar seun en haar suster opgedoen het, bons sy net eenvoudig vorentoe met nog ‘n plan en nog ‘n manier om vir haar seun en sommer haar gemeenskap ook te sorg. Sy is die afgelope paar maande besig om te “koop en verkoop”. Sy kyk waar sy ‘n goedkoop item kan koop, doen dan die nodige herstelwerk en verkoop weer teen ‘n klein wins. So het sy die eerste R5000 wat sy nodig het vir die yskasherstelkursus wat sy graag wil doen bymekaar gemaak en gespaar. Haar suster is ‘n gesondheidswerker, maar werk ook by die mark en maak die mooiste potte, alles om te help met die fondse wat Dorinda nodig het. Beide van hulle glo om ten spyte van jou eie doelwit waarvoor jy so hard werk altyd ‘n oop hand vir jou gemeenskap te behou.
“Ek moet my seun met iets los in die lewe. En wanneer ek gaan, wil ek weet ek het iets gelos vir ander ook.”
Dorinda maak die meeste van elke geleende dag, want sy weet nie hoe lank sy sal leef nie. Danksy SPAR kon ons vir haar ‘n geskenkkaart gee en GoBusiness het die balans betaal vir Dorinda se yskasherstelkursus! Sy begin nou in September en ons sal julle op hoogte hou van hoe en waar julle haar kan ondersteun. ‘n GROOTfm dankie vir wat Go Business doen om vroue entrepreneurs te bemagtig.
#Luister Weer hier:
Vir al die fotos volg die skakel: Dorinda se Yskasbesigheid
Deel hierdie artikel