You are currently viewing #JouMenseMyMense – Bloedklont eis byna haar lewe

#JouMenseMyMense – Bloedklont eis byna haar lewe

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Bloedklont eis byna haar lewe

Margo Meyer vertel haar storie op Jou Mense My Mense. Hier is die verhaal in haar eie woorde: “Ek het laasjaar in die Julie vakansie by die huis gaan kuier en ons doen gereeld dan ‘n trippie Sabie toe vir brunch. My ouers op die motorfietse en ek met die kar agterna saam met my sussie. Ek het daardie dag gevra of my pa my ook weer bietjie vir draai sal vat wat ek jare laas gedoen het. Terwyl my ma en sussie by die restaurant gewag het, het ek en my pa ‘n draai gery Graskop se kant toe. Daar was toe ‘n wit BMW van die aankomende kant heeltemal aan ons kant van die pad om ‘n draai. My pa het uitgeswaai en ons het steeds die kar getref. Die skuldige party het weggejaag sonder om te stop. Ek het dadelik gesien my pa se kondisie is kritiek en het so gou as moontlik hulp probeer kry (Murphy’s law het ons albei ons fone by die restaurant gelos want dit sou mos nou net n vinnige draai gewees het). Ons was hospitaal toe gejaag en ek en my pa het langs mekaar in ongevalle gelê, dit was iets verskriklik om my pa te hoor huil en skree van die pyn, steeds wou hy net die heeltyd weet of ek okay is. My pa moes ongelukkig ‘n amputasie ondergaan. Die kwaad en verwyte wat binne my en my pa gegroei het was iets verskriklik, hoe kan iemand ‘n lewenslange letsel los en ongeskaafd daarmee wegkom.”

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Kyk HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply