You are currently viewing #JouMenseMyMense – Man Oorlede Aan Lewerkanker

#JouMenseMyMense – Man Oorlede Aan Lewerkanker

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Man Oorlede Aan Lewerkanker

Haar man is oorlede aan lewerkanker, en Rina Prins kom gesels oor haar gesin se omstandighede op Jou Mense My Mense die week. Rina Prins se man is een jaar terug oorlede weens kanker. Hulle het glad nie geweet dit is kanker nie. Na al die toetse gedoen was het hulle eers uitgevind dat hy net 3 – 6 maande het om te lewe. Dit het gevoel of haar wêreld vergaan en of sy gestraf word.Haar  lewe en liefde is besig om te sterf en sy kan niks doen daaraan nie. Sy sê hy is die beste ding wat in haar lewe gebeur het. Rina het ‘n 11-jarige seun, en sy sien om na haar pa, wat ‘n skamele R800 SASSA-toelaag verdien. Na haar man se dood, het sy alles verkoop wat sy kon verkoop, en haarself onder skuldberading gesit – net om weer in beheer van haar geldsake te wees. buiten die trauma van haar man se skielike dood, was sy skielik gekonfronteer met een inkomste, in plaas van twee. Onderdompel met bekommernisse, het sy self onder siekte gebuk gegaan, en selfs ‘n senuwee-ineenstorting gely. Rina het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Kyk HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply