#JouMenseMyMense – Matriekafskeid vir Kiara
Kiara Rossouw het ‘n Matriekafskeid Droom en GROOTfm 90.5 saam met Ecomed Medical en Thomans Thomson het besluit om in te spring en te help. Kiara Rossouw is gebore met Fanconi Anemie, ‘n siekte wat veroorsaak dat haar ligaam nie bloed en beenmurg vervaardig nie. Sy het vir jare goed gedoen, deur net elke ses maande plaatjies en bloed te kry. Drie jaar gelede is haar jonger broer, Keagan Rossouw, ‘n ywerige jong sanger oorlede. Hy het op die einde elke 6 dae bloed en plaatjies gekry en sy ligaam kon nie byhou nie. Met sy dood het Kiara baie agteruit gegaan en tipe 2 diabetes ontwikkel. Sy het net al hoe meer begin agteruitgaan en na 2 jaar se gesukkel het hulle haar suiker gestabiliseer sodoende dat sy op die beenmurg-oorplanting kon gaan. Sy is nou op die oorplantingslys, maar haar kanse is baie skraal aangesien sy nou elke 6 dae bloed en plaatjies kry.
Haar lewe bestaan tans uit ritte huis en hospitaal toe. Niemand het verwag dat sy so lank sal leef met die siekte nie, maar haar tyd raak min. Sy is’ n paar jaar reeds uit die skool gehaal a.g.v die feit dat sy nie aan kieme blootgestel kan word nie. Sy het nog aangehou skool gaan van die huis af en is nou besig met haar matriek. Haar groot droom was nog altyd om ‘n matriekafskeid te he, maar met haar duur mediese kostes, is dit nie moontlik om die funksie te kan bekostig nie. Sy kla nooit nie en verwag nie vir baie van die lewe nie, maar dit sal n droom vir haar laat waar word, terwyl sy nog lewe. Sy wil met haar hele hart, soos ‘n prinses voel!
Kiara en haar pa, Steph, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Rok ontwerp deur: www.thomasthomson.co.za
Skenkings deur: www.ecomed.co.za
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel