You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR: Jakaranda Kinderhuis se huisma, Cornelia

#JouMenseMyMense saam met SPAR: Jakaranda Kinderhuis se huisma, Cornelia

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR: Jakaranda Kinderhuis se huisma, Cornelia

Ons het hierdie week by Jakaranda Kinderhuis in East Lynne, Pretoria se Huis 12 by Cornelia du Plessis en haar 11 tienersdogters tussen die ouderom van 11 en 19 jaar oud gaan kuier. Jakaranda Kinderhuis bied sedert 1987 voltyds – 365 dae per jaar – holistiese versorging vir kinders tussen 3 en 18 jaar oud wat deur die Kinderhof hier geplaas is.

Cornelia du Plessis is die afgelope 30 jaar al ‘n huisma van Jakaranda Kinderhuis. Haar roeping het eers by die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom begin en later het sy al 5 haar kinders so saam met honderde ander kinders groot gemaak. Haar eie kinders sê vandag hulle sou dit geen ander manier wou hê nie, want dit was ‘n besonderse omgewing om groot te word met soveel lewenslesse wat hulle geleer het
Sy kan nie meer presies onthou hoeveel kinders al deur haar huis is nie, maar hou graag kontak waar sy kan, en volg met belangstelling hulle loopbane en die hoogtes wat hulle bereik. Dis vir haar mooi om te sien hoe haar dogters jarelange vriendinne bly en steeds vir mekaar bly bid.

“Ek het stilletjies, besiges, woelige woelige kinders – hulle is tieners met al die gewone op-en-af emosies, maar ook met ‘n besonderse band tussen mekaar, want hulle verstaan mekaar op ‘n unieke manier as gevolg van die moeilike omstandighede waaruit hulle elkeen kom…”

Ons wou weet of Cornelia ooit stop om te dink en te besef hoeveel lewens sy al geraak het deur haar lewe op hierdie manier te gee.
“Lindie, ja, en dis baie scary vir my. Ek hoop ek het ietsie vir hulle gegee om met hulle saam te vat. Ek hoop ek het vir hulle die Here gegee, want as hulle ‘n pad met die Here kan loop, dan het ons gewen.”

Die Jakaranda Kinderhuis voel die impak van die grendeltyd op verskillende maniere. In Maartmaand was daar 168 kinders tussen die 20 huise op die terrein en vandag 221 kinders. Om elkeen van hierdie kinders goed te kan versorg met selfs net die basiese behoeftes bly ‘n groot finansiële uitdaging, maar iets waarvoor hierdie hele span hulle lewe sal gee!

Baie dankie vir SPAR vir die geskenkkaart, die dogters se geskenksakkies en die eetgoed en dankie vir COSMO Industrial se R10 000 skenking! Die COSMO Run is elke jaar ten bate van GROOTfm 90.5 se HOOPstootprojek en 24 Oktober hardloop ons weer om saam met hulle hierdie soort verskil in ons gemeenskap te kan maak.

Get up! Make a choice! Set the tone!

#LuisterWeer hier: 

Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense en SPAR – Jakaranda Kinderhuis se huisma

Deel hierdie artikel

Leave a Reply