#JouMenseMyMense – Janneke Müller | 13 Mei 2026 | GROOTfm 90.5
Die 26-jarige Janneke Müller is gediagnoseer met ’n paraganglioom tussen haar skedel en brein. Haar Ma, Marisa Scheepers, wat die versoek ingestuur het, sê haar storie is een van wnoderwerk op wonderwerk van hoe die Here haar en vir ons deur alles bewaar en gelei het.
Dit het skade aan die senuwees in haar gesig veroorsaak, wat gelei het tot verlamming aan die een kant van haar gesig. Dit het ook haar middeloor beskadig, asook die senuwees in haar arm. Daar is ook skade aan haar oog en haar stembande. Sy is op 2 Februarie 2026 geopereer om die gewas te verwyder en die senuwees in haar gesig te herstel. Op die 11de is sy weer geopereer aan haar oog en haar stembande.
Sy is op die 14de ontslaan, maar ongelukkig was die druk by haar wonde te hoog en sy is weer op die 25ste opgeneem. Nog ’n operasie is op die 25ste gedoen, waar meer vet en gaas ingeplant is om die druk onder beheer te hou. Sy het baie goed gevorder, maar op 3 Maart het sy ’n bloedklont gekry wat deur haar longe beweeg het. Sy moes weer geopereer word om van die bloedklonte te verwyder en kateters in te sit sodat medikasie toegedien kon word om die klonte op te los.
Sy is tans op bloedverdunners. Janneke en haar man, Geo, het ‘n mediese fonds, maar dek dit ongelukkig nie alles nie. Die pad vorentoe sluit fisioterapie, spraakterapie en gereelde doktersafsprake in. Intussen is Janneke nou vir 6 maande afgeboek met siekverlof, wat beteken sy gaan eers Augustus begin werk, en gevolglik, dan eers weer ’n salaris verdien. Sy werk by Jacaranda International School waar sy sport afrig. Janneke, Ma Marisa en haar man, Geo, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
