#JouMenseMyMense – Ma van twee kry hulp
Bettie Bezuidenhout is ‘n mamma van twee dogters, en ‘n vrou vir Johan. Sy is verlede jaar November afgelê toe die begrafnisonderneming vir wie sy gewerk het, drie takke moes sluit as gevolg van finansiële uitdagings. Bettie het besluit dat sy ‘n plan moet maak, en het begin om vleis- en suiwelprodukte te verkoop. Sy het met die inkomste wat sy reeds genereer het, vir haar twee yskaste kon koop, maar benodig nog ‘n paar items om haar werksplek behoorlik in te rig vir die gewensde uitkoms. Bettie het vir ons gewys met haar waagmoed, dat ‘n plan gemaak kan word. Dat dit waardeur sy is nie tevergeefs is nie, en dat daar altyd hoop is.
Bettie het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel