You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Rupert van Vuuren se 1000 marathonne vir kinders

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rupert van Vuuren se 1000 marathonne vir kinders

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rupert van Vuuren se 1000 marathonne vir kinders

 

Die afgelope 394 dae, sedert 17 September 2019, begin ‘n normale dag vir 46-jarige Rupert van Vuuren ongeveer 3 uur die oggend om sy marathon-vir-die-dag te kan hardloop.

Vandag, op die 14 Oktober 2020, voltooi hy sy 411de marathon op pad na sy duisend marathon doelwit en dit alles om bewusmaking te skep vir die Brain Child Stigting en hulle werk om gesinne met kinders met gestremdhede aan mekaar te verbind om ‘n ondersteuningsnetwerk te vestig en waar moontlik ook met ander behoeftes te help.

Rupert se eerste herinnering aan hardloop was as 6-jarige seuntjie in die Karoo waar hy groot geword het en die gevoel van vryheid wat hy beleef het toe hy daardie 60 meter so vinnig as moontlik kon hardloop. Hy was nog altyd baie sportief en het ook rugby en krieket gespeel op skool en later rotsklim en fietsry.

Dit was einste by die wespring van ‘n fietswedren, drie jaar gelede, waar Rupert die stigter van Brain Child, Hannes Viljoen ontmoet het en besluit het om hierdie tog van ‘n duisend marathonne aan te pak – nie vir medaljes of rekords nie, want dit sou nie vir hom genoeg rede wees om vol te hou nie. Sy 17 357 km het wel intussen vir hom twee wêreldrekords ingepalm.  Die eerste rekord was vir die kortste tyd om 365 marathonne te hardloop – hy het dit in 347 reggekry – en sy tweede rekord was toe hy 384 marathonne in een jaar voltooi het.

Die inperking het hom ook nie teruggehou nie.  Die naweek van 28 April het hulle mense uitgedaag om iets ‘n duisend keer te doen waarop hy geantwoord het met 1000 rondtes om sy huis vir ‘n totale afstand van 108km in 12 ure.  Die verste wat hy al op een dag gehardloop het vandat hy begin het, is 162km, sy vinnigste marathon was in 3 ure 18 min en sy gemiddelde spoed (as die dokter hom nie forseer om langer ente te stap nie), is so 3 min en 50 sekondes per kilometer.

Rupert is self getroud en ‘n pa van twee, werk in die mynbedryf as ingenieur en het ook ‘n musiekateljee by sy huis waar hy al saam met van ons land se beste kunstenaar gewerk het… En tussen deur sy dag tot dag verantwoordelikhede,  hardloop hy om ‘n stem te wees vir ‘n gemeenskap wat soveel isolasie beleef.

Hy het aanvanklik sy 42,2km alles aaneen gehardloop, maar toe later die afstand begin opbreek om meer mense betrokke te kry – 5 en 8 en 10km op ‘n slag.

“Op ‘n dag wat my bloeddruk so hoog was ek kon nie eers bestuur nie, wat nog van hardloop, het ek by die huis gesit en gevoel die Here wys vir my hierdie prentjie.  Ek was besig om om ‘n atletiekbaan te hardloop en daar was skare mense op die paviljoen. In my hart het ek dankie gesê, want ek het geweet daar is nog hoop. Toe ek weer verby kom, was die paviljoen leeg en toe ek agter my kyk, het ek besef die skare hardloop nou saam met my en nie net teen my pas nie – soos ‘n golf wat verby kom! Ek het daarna die afstand begin opbreek en saam met meer mense te kan hardloop en so het toeskouers deelnemers geword.”

Sy motivering is God se seën op die projek, en om dit uit te bou tot ‘n volhoubare platform – wat ook vir ander organisasies kan help met bewusmaking – en intussen het sy voorbeeld en storie al soveel mense se lewens in beweging in inspireer…

Baie dankie SPAR vir Rupert se geskenkkaart en COSMO Industrial vir die R10 000 skenking vir die Brain Child Stigting!

Volg gerus hierdie skakels indien jy op hoogte wil bly van Rupert se vordering, ‘n bydrae wil maak, ‘n paar tekkies wil borg of dalk ‘n paar van jou eie kilometers by die Project Run-a-1000 club op STRAVA wil voeg:

www.miledays.com

http://www.strava.com/clubs/563850

http://www.instagram.com/projectruna1000

http://www.facebook.com/runa1000aherosrun

Get up! Make a choice! Set the tone!

#LuisterWeer hier: 

Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam met SPAR – Rupert van Vuuren se 1000 marathonne vir kinders

Deel hierdie artikel

Leave a Reply