#JouMenseMyMense – Brandslagoffer Kry Nuwe Hoop
#JouMenseMyMense het in 2019 by Angelique Koekemoer gaan kuier na haar man se skielike afsterwe. Intussen het Angelique al ‘n werk gekry, haar bestuurslisensie en kan self haar kinders rond ry. Sy is steeds ‘n enkelmamma en draai elke sent om ter wille van haar kinders. Haar jongste seun, die vier-jarige Reynhard, het op 21 Desember 2022 met kookwater gebrand oor 11% van sy lyfie. Hy is dadelik in Steve Biko opgeneem met derde-graadse brandwonde en is op 3 Januarie ontslaan. Hy het dadelik met wondsorg begin, en in hierdie tyd by sy ouma Allet gewoon, sodat sy hom kan neem na die kliniek in Brits toe.
Angelique bly in ‘n klein, tweeslaapkamer tuinwoonstel in Rietfontein. Die spasie is baie beperk en daar is net een muurprop in die kombuis waar sy altyd die ketel aanskakel. Sy het by die ketel gestaan terwyl hy gekook het. Reynhard wou haar aandag hê, en so haak sy arm aan die elektriese koord van die ketel en toe trek hy dit op hom om.
Hulle het almal baie groot geskrik. Sy was binne 15 minute by die hospitaal. Ouma Allet het vir ouboet Marnu by die hospitaal opgelaai terwyl Angelique dag en nag langs Reynhard se bedjie gewaak het.
Angelique, wat tans kliphard werk om kop bo water te hou, vir haar seuns te voorsien, en nou, vir Reynard die beste moontlike mediese behandeling te gee. Hulle het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel