You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Pieter Basson van Uitskoms se oogoperasie – 21 Oktober 2020

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Pieter Basson van Uitskoms se oogoperasie – 21 Oktober 2020

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Pieter Basson van Uitskoms se oogoperasie – 21 Oktober 2020

Pieter Basson is ‘n baie gelukkige inwoner van Uitkoms – ‘n versorgingsentrum vir persone wat verstandelik- en intellektueel gestremd is. Pieter is 36 jaar oud en hy het downsindroom. Beide sy ouers is oorlede.

Huismoeder, Lorraine Loots wie se seun self by Uitkoms woon, beskryf Pieter as ‘n vredeliewende teddiebeertjie, met die mooiste geaardheid en so liefdevol.  Inteendeel wanneer sy die behoeftes van die ongeveer 50 inwoners opsom is dit net liefde, drukkies en aandag.

Dis Lynn Buys wat vir ons die e-pos gestuur het om te vertel van Pieter se behoefte.

Lynn en Pieter se pa, Kobus was jare lank in ‘n verhouding voor Kobus 3 jaar gelede aan emfiseem oorlede is. Pieter het voor haar groot geword. Toe Pieter se Ma 6 jaar gelede aan kanker oorlede is, het hulle vir hom plek gekry by Uitkoms.

Pieter se sig het van Desember af drasties verswak. Jy kan dit veral sien wanneer hy loop en sy trots is juis sy ‘werk’ om die etikette op die ballet-koussakkies te plak in die werkswinkel, maar sy oë het so agteruit gegaan dat hy dit nie meer kan doen nie. Sy toestand kan ongelukkig nie verbeter word deur sy  bril se voorskrif te verander nie. As die katarakke op sy oë nie verwyder word en hy ‘n dubbelle lens oorplanting kry nie, sal hy mettertyd amper geen sig oor hê nie en later ook nie meer vir homself dinge kan doen nie.

Pieter se medies het goedkeuring gegee en sal betaal vir die dokter en die operasie, maar die lense is duur as gevolg van die vorm van sy oog en ook omdat hy downsindroom het en ‘n diabeet is.  Boonop het Lynn haar werk verloor as gevolg van die imapk van COVID-19 op die maatskappy vir wie sy gewerk het en Pieter se broers en suster dra reeds die kostes van sy dag tot dag versorging en is net nie in staat om hierdie ook te kan help betaal nie.

Danksy ‘n paar goeie vriende hier by GROOTfm 90.5 kon ons hierdie week vir Pieter gaan verras met die goeie nuus dat SPAR, Cosmo Industrial en Aanlyn Kerk:  Kinders die R33 744 betaal vir sy oogoperasie! Goeie nuus wat ons sommer met baie liefde, drukkies, aandag en ‘n lekker soet happie van SPAR kon vier!

Get up! Make a choice! Set the tone!

#LuisterWeer hier: 

Vir al die fotos klik hier: Pieter Basson van Uitskoms se oogoperasie

Deel hierdie artikel

Leave a Reply