#JouMenseMyMense – Nuwe fiets vir Hartman
Hartman maak tans ‘n lewe van herwinning. Hy versamel plastiek en glas, en sorg op die manier vir sy familie. Sy storie het Michael geraak, wat self haweloos was, en tans by Plot 91 Cullinan Huis van SA Cares for Life ‘n groot en baie betekenisvolle rol as leier vertolk. Michael het hom raakgesien soos hy elke oggend verby hom ry om kinders op te tel om skool toe te neem. Michael en Hartman het begin gesels, en Michael besef toe daar is meer aan sy storie. Nie net versamel hy goedere vir herwinningsdoeleindes nie, maar lewer hy medisyne af aan bejaardes in Cullinan en Rayton wat nie Vervoer het nie. Sy fiets is onlangs gesteel, en lewer hy hierdie diens met ‘n krywa. Michael het ‘n fondsinsamelingsprojek begin om vir Hartman ‘n nuwe fiets te koop, en ‘n kruiwa te bou by die Cullinan-huis, wat sy dienslewering vergemaklik. Hartman, Michael Joubert en Sanet Fagan van Plot 91 Cullinan-huis het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel