#JouMenseMyMense saam met SPAR – Talitha dans op die ritme van Hoop – 28 Oktober 2020
Talitha de Klerk moes op hoërskool ‘n opstel skryf oor iets wat haar bekommer. In daardie stadium het daar reg langs haar kerk se nuwe gebou ‘n plakkerskamp gevorm. Talitha het geskryf oor haar bekommernis dat hierdie mense ‘n wanpersepsie van Jesus se liefde sou hê as die kerk nie na hulle uitreik nie…
Na skool het sy by ‘n uitvoerende kunste bedieningspan aangesluit en tydens ‘n uitreik na Mosambiek, het die kinders van ‘n kinderhuis Talitha gesmeek om hulle te leer dans. Met haar terugkeer na Suid-Afrika was die storie van Michaela DePrince op die nuus – die weeskind van Sierra Leone wat uit haar omstandighede gered is deur dans en daardie naweek het haar gemeente aangekondig dat hulle ‘n skool begin vir die kinders van die plakkerskamp – Pure Hope School. Talitha het dadelik geweet – dis waar sy haar roeping sal uitleef.
In 2012 het sy met 6 dogtertjies in haar balletklas Rhythm of Hope begin en vandag staan sy verstom oor hoe die Here deure oopgemaak het om vir hierdie program te voorsien.
Ondersteun gerus Rhythm of Hope se “Anchored” produksie. Dit word vooraf opgeneem en dan uitgesaai op die 28steNovember.
Die besonderhede is op die @rhythmofhopeoutreach Facebook blad:
https://facebook.com/events/s/anchored-streamed-dance-produc/657971248465249/?ti=iclTalitha droom dat hierdie dogters bo hulle omstandighede sal uitstyg en die sterk vroue sal word wat die Here hulle gemaak het om te wees. ‘n Generasie wat bemagtig is met ‘n getuienis van hoop en ‘n volgende generasie sal inspireer om ook op die ritme van Hoop te dans!
#LuisterWeer hier:
Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam met SPAR – Talitha dans op die ritme van Hoop
Deel hierdie artikel