#JouMenseMyMense – Juan Fourie, 14 Augustus 2024
Jaun Fourie, en sy ma, Clara. ‘n Dokter van Amerika het hom op ‘n 2-jarige ouderdom gediagnoseer met Proteus-sindroom. Dit dui op bene wat oormatig groei. Hy het ongelooflik baie operasies al oorwin, net 20 hiervan was in sy ore. Jaun is sy ma se engelkind, en is onafskeidbaar van sy ma en sussie, Esmeralda, wat vir ons onlangs ‘n epos gestuur het vir hulp. prognose destyds was dat hy slegs vyf jaar oud sou word. In 2021, met sy 29ste verjaarsdag, het hulle by GROOTfm 90.5 kom kuier. Vandat ons laas by julle gekuier het, het daar so baie dinge gebeur. Intussen is ‘n groot poliep in Jaun se neus verwyder, en moes hy nadat hy met ‘n val sy heupbeen gekraak het, vir ‘n dringende heupvervanging gaan. Jaun en sy gesin, het ook gehoor dat hy nie net 5 gewasse op sy brein het nie, maar dat dit na 12 toe vermeerder het. Jaun, Mamma Clara en Sussie Esmeralda het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Hoe help ons?
Sy sussie, Esmeralda, het met ons gedeel dat hy ‘n paar dinge op sy wenslysie het. (See-vakansie, wegbreek vir hom en sy ma om te rus, ‘n vliegtuig- of helikopter-rit. ) Jauntjie gebruik tans volwasse doeke, hy drink Enshure-shakes sodat hy net tenminste ietsie inkry. Daarom help ons ook met ‘n R5000-Discem geskenkbewys (sê maar net by ‘n winkel waar hierdie doeke en aanvullingsdrankies beskikbaar is.) Ons help ook met ‘n spesiale ‘walker’ wat sy beweging kan vergemaklik. (Ter waarde van R3100.) Laaste, maar nie die minste nie! Het ons vir hom ‘n vliegtuigrit gereël! Julle bel vir Hannelie Du Plessis van Airshift – 082 906 5548. Sy gaan die goeie nuus deel! Haar man, Eugene (Ook DOEPIE! Haha!) is die vlieënier! Sê asb vir hulle BAIE DANKIE op lug!
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
