You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Kersfees 

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Kersfees 

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Kersfees 

Twee jarelange vriendinne en ‘n spesialis en mondchirurg se uiteenlopende wêrelde

het op ‘n pragtige manier bymekaar gekom om as die Blissful Cleft Foundation vir ‘n babatjie ‘n glimlag te gee vir Kersfees.

Andrea Dos Santos, Suzanne de Beer en Dr. Sharan Naidoo is die direkteure en stigters van hierdie niewinsgewende organisasie wat nie net fondse insamel vir operasies nie, maar ook waardevolle bewusmaking doen rondom gesplete lippe en  verhemeltes. Dr. Naidoo gee sy vaardigheid en tyd pro bono en as ‘n span maak hulle ‘n vir-altyd-glimlag moontlik vir ‘n gesin wat dit andersins nie sou kon bekostig nie…

Braam en Chantelle is die ouers van 7-maande oue, Damon Theunissen wat met ‘n bilatirale spleet (lippie en verhemelte) gebore is.  Hulle het drie ander kinders tussen die ouderdom van twee en 10 jaar oud. Chantelle is werkloos en Braam verdien minder as R5000 per maand.  Hulle is nie finansieël in staat om die operasie wat Damon nodig het ter waarde van ongeveer R100 000 te kan betaal nie.

Die wagtydperk by die staatshospitaal is ongeveer twee jaar en met COVID-19 het die lange lys van pasiënte wat operasies nodig het, stil gestaan. Intussen, soos Suster Daleen du Plessis verduidelik, het die gesplete lip en verhemelte ‘n invloed op onder andere babas se voeding en die ontwikkeling van hulle spraak.

Andrea en Suzanne het op 23 September hulle eerste gholfdag gehou om fondse in te samel en na verskillende aansoeke versigtig oorweeg is, het hulle besluit om hierdie geskenk van ‘n glimlag vir Kersfees vir Baba Damon te gee.

Ons wou die aankondiging van hierdie goeie nuus ekstra spesiaal maak…

Braam, Chantelle, baba Damon en sy oupa het ontbyt geniet by Stephanies, net om die hoek van GROOTfm 90.5 se ateljee.  Hulle het verstaan dat die ete-afspraak ‘n gesprek is met die persone wat op Blissful Cleft Foundation se kortlys is om dan moontlik te kwalifiseer vir die operasie. Ons span het met blomme in die hand oor die vierkant by Lynnwood Bridge gestap en in ‘n halfmaan gestop om te wag dat Suzanne die aankondiging maak dat Damon vir Kersfees sy vir-altyd-glimlag gaan kry..

Dankie vir SPAR vir die geskenkkaart!

Dankie vir Stephanies by Lynnwood Bridge wat weereens ons gaste en die span van Blissful Cleft Foundation bederf het met ‘n heerlike ontbyt!

Dankie vir ons JouMenseMyMense projek se R10 000 bydrae vir Braam en Chantelle en hulle gesin en Andrea, Suzanne en Dr. Naidoo – dankie vir Damonse glimlag vir Kersfees ter waarde van ongeveer R100 000!

#LuisterWeer hier: 

 

Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Kersfees 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply