You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Wat vir ons haglik is, is vir ander HUIS

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Wat vir ons haglik is, is vir ander HUIS

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Wat vir ons haglik is, is vir ander HUIS

Wikus, Adel en Jonathan Dean Rossouw woon aan die voet van die Magalies-berge, in ‘n een-vertrek hout huisie. Daar is ook ‘n groentetuin en ‘n hok met eende in. Die eende is vir die stimulasie van Jonathan, hulle 17-jarige serebraal-gestremde seun.

Wikus het, nadat sy ma se huis verkoop is, die min geld wat oorgebly het na die boedel en bykomende administrasie afgehandel is, en nadat die geld tussen hom, sy broer en suster, verdeel is, heining gekoop vir ‘n plekkie op ‘n ver afgeleë stuk grond. Hulle woon hier van einde 2020, en, met behulp van skenkers, kon hulle hul plekkie begin mooimaak. ‘n Ekstra ‘Wendy-huis’ dien nou as die badkamer, wat eens net ‘n gat in die grond was. Hulle het drie beddens, ‘n nuwe rolstoel vir Jonathan en vyf honde – waarvoor hulle baie lief is.

Toe Adel swanger was met Jonathan, het sy blaasinfeksie opgedoen, wat gelei het tot Jonathan se toestand. Hy is ‘n sterk seun met onwillekeurige bewegings, wat dit moeilik maak vir Pa Wikus om te werk. Hy moet sy vrou, Adel met Jonathan help.

Hierdie gesin is gelukkig. Hulle toestande is vir baie nie ideaal nie, maar hulle sê ‘ons is nou in die bos, waar dit stresvry is’. Hulle het groot planne om inkomste te genereer, en leef tans op ‘n klein fooi wat hulle vir Jonathan se toestand ontvang. Met die inkomste, maak hulle eers seker dat Jonathan genoeg formule-melk het – die kalsium-aanvulling help met sy beendigtheid. Jonathan dra ook volwasse doeke, wat maandeliks vir ‘n groot uitgawe sorg.

‘Hoe bly mens so?’, het ons vir onsself afgevra. En besef, soos hulle hul storie deel, dat dit wat vir ons haglik is, is vir hulle huis. Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie onder leiding van Carlene en Werner Smith, ontferm hulle oor die Rossouw-gesin. Hulle kan die gesin nie noodwendig uit hulle omstandighede haal nie, maar hulle, en ons, is in staat om hulle omstandighede te verbeter.

Die GROOTfm 90.5 span het vir hulle blikkieskos en formule-melk geneem. Careson Angel het toiletware en hondekos geskenk. En veearts, Dr Amy Sawyer, het vir die honde vitamiene, ontwurmingspille en hondekos gegee.

Hoekom? Want ons het ‘n verantwoordelikheid om Sy liefde uit te leef en aan almal te bewys. Aan almal, wat net soos ons, perfek geskape is, met ‘n doel. Sodat hulle ook, teenoor ander, van Sy liefde kan getuig.

As jy wil betrokke raak by die Rossouw-gesin, kontak vir Carlene Smith van Careson Angel by 072 651 6163.

#LuisterWeer hier: 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply