You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg  Copy

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg Copy

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Van gebed tot gebit!

Gert Rautenbach is ‘n 37-jarige man wat 14 jaar terug tandepaste geproe het. Die toestand van sy tande het veroorsaak dat sy selfbeeld diepliggende wonde opgedoen het. Wonde wat hom in ‘n kluisenaar verander het. Met geen selfvertroue weerhou hy homself van die lewe daarbuite. Sien hy nie kans om iemand in die oë te kyk nie, bloot omdat hy nie vir hulle kan glimlag nie. Met die dat hy nie ‘n werk het nie, is hy tans afhanklik van sy ouers – pensioenarisse wat ‘n SASSA-inkomste verdien.

GROOTfm 90.5 het voelers uitgesteek na ons vriende by Mobile Dental Clinic, en Dr Seymore Jonker het onbaatsugtig aangebied om te help. Al Gert se tande moet verwyder en vervang word met ‘n kunsgebit. Sy kroniese pyn gaan binnekort iets van die verlede wees. 

Ma Susan het vir ons in 2021 al ‘n epos gestuur, omdat dit haar mamma-hart breek om haar kind in soveel pyn te sien. Gert sê hy kan enigiets doen. Hy het die ervaring, maar nie noodwendig die ‘papiere’ nie. Sy wil is daar, nou net vir die ‘weg’. Gert, jou wil is al wat jy nodig het. So saam met jou splinternuwe stel tande! Ons is saam met julle almal opgewonde oor jou nuwe hoofstuk, Gert! Saam met jou opgewonde oor die smaak van tandepaste! Gert verjaar binnekort, en word Agt-en-dertig…of eerder nou…LAG-en-dertig!

Baie dankie aan SPAR vir verligting! Baie dankie aan Dr Seymore Jonker en jou span van Mobile Dental Clinics wat aangebied het om vir Gert met ‘n splinternuwe kunsgebit te Seën!

Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply