You are currently viewing Balletjie, balletjie…GHOLFBAL!

Balletjie, balletjie…GHOLFBAL!

Deel hierdie artikel

Balletjie, balletjie…GHOLFBAL!

GROOTfm 90.5 het op die 29ste September 2022 ‘n magdom luisteraars en kliënte, ook bekendes, op die gholfbaan by Woodhill Gholflandgoed verwelkom tydens hulle heel eerste Gholfdag.

Met elkeen van die 18 putjies wat geborg is, en 132 spelers was die dag niks minder as GROOT nie! Elke putjie-borg het gesorg vir die nodige verversings om die hitte te demp, en baanaktiwiteite om die energievlakke hoog te hou. Baanaktiwiteite het ingesluit ‘longest drive’ met ‘n malvalekker, en Suid-Afrikaanse ‘long drive’ kampioen, Erik van der Walt, het op putjie 17 spelers met sy voorgee ‘n voordeel gegee met ‘n klein fooi ten bate van GROOTfm 90.5 se projekte as hy vir die span se eerste afslaanhou gesorg het. Die ‘shotgun’-afslaan het om 11:30 begin en die spelformaat was ‘n vierbal-alliansie (die twee beste uitslae met 85% voorgee-wysiging).

Spelers het vanaf 17:00 die klubhuis betree en gereed gemaak vir die prysuitdeling en ete. Voordat almal die saal betree het was hulle bederf met vingerhappies deur Panderasie en ‘n wynproe, geborg deur Boplaas. Johrne van Huyssteen was die seremoniemeester, en die veiling het gesorg vir ‘n oorweldigende groot bedrag ten bate van GROOTfm 90.5 se #HOOPstoot-fonds. Die top 10 spanne is aangekondig en ons eie Jacques Erasmus, saam met sy span van Immunadue, het negende plek verwerf, en Doepie Du Preez, saam met sy span van Everest Wealth, was tiende.

Pieter Cloete, Charonike Nel en Jennifer Myburgh, wat saam met Franja Du Plessis en Ruan Josh gespeel het, het die prys gekry vir die ‘Longest Day’. Nog bekendes wat die dag saam met ons GROOT gegaan het was sport-‘guru’, Arnold Geerdts, akteur, Neels van Jaarsveld, en sanger, Neil Somers, wat saam met sy span vyfde plek behaal het.

Die onvergeleke sukses van hierdie dag lê in ‘n span wat voor, maar veral agter die skerms gewerk het. Vir kliënte wat borgskappe gebied het. Aan ons luisteraars wat die vierballe gekoop het. Aan die span van Woodhill wat uitsonderlike diens aan die organisatoriese kant gelewer het. Soos die engelsman sê, ‘teamwork makes the dream work’. Die GROOT-span is dankbaar vir elkeen wat ‘n groot rol gespeel het in die sukses van hierdie dag. Vir jou betrokkenheid, deelname, en vir ‘n mandaat wat ook op hierdie dag geseëvier het – vermaak en verskilmaak!

Volgende jaar se datum? 28 September 2023. Stuur ‘n epos aan info@grootfm.co.za om jou plek sommer NOU reeds te bespreek.

‘n GROOT dankie aan al ons borge: ATKV Buffelspoort, BidEasy, Burger Bistro, DB Pharmaceuticals, Etienne Bedeker Incorporated, Everest Wealth, EW Serfontein & Associates Inc, Graaff Brakes, Haval, Health First, Helpende Hand, Immunadue, Jasper van der Westhuizen en Bodenstein Inc., King Price, MediHaven, Mobi G, Mongena, Pharma Value, Power Africa, Pro Shop Lynnwood, Silverlakes Farm Hotel, Skaapstad, Slabbert & Slabbert Attorneys, Sox Footwear, Sunbet Arena Time Square, Switch Energy Drinks en Woodpecker Inn.

Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Deel hierdie artikel

Leave a Reply